1 Maart
Vandag is ons 15 jaar getroud en vir die okkasie het Jaco die dag af.
Ons gaan eet ontbyt by Copenhagen Bakkery - ons sorg dat ons om 9.30 daar is om sitplek te kry en nie hoef tou te staan nie want dit is erg gewild.
Prinses, ons vierbeenkind is nie lekker nie en sy het ‘n afspraak vir net na 12 by die veearts. Sy het ‘n moontlike virus onder lede en kry vir die oomblik medisyne asook ‘n drip. Die veearts wil vir haar hospitaliseer en vir haar x-trale gee maar ons hoop dat die medisyne die ding gaan doen want die basiese was alreeds ‘n belegging en ‘n half.
Ek dog nog ons maak plan om by die huis iets te eet vir aandete, toe Jaco my vertel dat ons tweetjie uitgaan vir ete en dat hy met Lea, die meisie van langsaan gereel het om by Mia te kom kuier.
3 Maart
Dit storm en reen. Terwyl Mia se naaldwerklas aan die gang is, wou ons weer gaan koffie drink het by Addington Coffee co-op maar hulle is so propvol dat ek gaan koffie drink en Jaco gaan menttee drink by Simo’s. Hulle het die lekkerste koekerasies beskikbaar om te eet en ek wroeg tussen sjokoladetorte en baklava.
4 Maart
Na aanleiding van ons besoek gister aan Simo’s is die menu Marokkaans. Hannie en Frik se huis word op die oomblik reggemaak en hulle woon in ‘n motel en ons het hulle genooi om te kom saam eet. Hulle bederf ons tot in die afgrond met wyn en blomme wat hulle se vir ons huweliksherdenking is.
5 en 6 Maart
Jaco voel oes en kroes en bly by die huis om gesond te word. Op Maandag werk hy van die huis af, maar op Dinsdag vat hy siekverlof om net te kan slaap en rus.
8 Maart
Dit is baie lekker om vir Neels en Estelle te sien. Hulle is saam met hul niggie Mariette en Estelle se suster en man op ‘n toer deur die Suid-Eiland van NZ en hulle kom by ons aan Donderdagaand. Hulle het lekker geproe aan al die kossies en goed by Ellerslie en dit lyk of hulle van die idee hou om sop en ‘n happie koek by ons te eet.
9 Maart
Op Vrydagwou ek myself skop omdat ek nie Neels-hulle se foonnommer gevra het nie want ek het onthou dat hulle dit oorweeg het omvinnig ‘n draai by die museum te kon maak op Vrydagoggend.Met die wat ek nie telefoniese reelings met hulle kon tref nie,het ek staatgemaak op telepatie en het ekop die die bus gehopen na die museum gegaan en gekyk ofhulle sou raakloop by die museum. Die plan het nie gewerk nie maar ek het die kans benut om self ‘n draai deur die museum te loop en ‘n goeie oggend daar te he. ‘n Nuwe uitstalling het onlangs oopgemaak oor die Canterbury aardbewings wat vir my baieroerend is.Ek is ook Ballantynes toe en krydie bus terug huis toe. Die busroetes het nogal baie verander.
Die middag loop Jaco bietjie vroeer by die werk om vir Mia na die Waipara te neem waar die Girls Brigade die naweek uitkamp by die Boys Brigade se kampterrein. Daar word tente opgeslaan, lilo matrasse gepomp, als reggemaak. Jaco help met een van die tente en ons tweetjies gaan huis toe om ‘n Home Alone naweek te he. dit lyk asof die jonger meisies die groter en meer outydse tent kry waar ek dink 5 van hulle in slaap.
10 Maart
Ek en Jaco gaan na ‘n garageverkoping by St Stephens waar ons ‘n paar winskopies kry - goed vir Jaco se steampunk uitrusting waaraan hy werk, ‘n plantbak, 2 patty pan pannetjies, 18/10 vlekvryestaal lepels, konfyt, ‘n kussing vir of Prinses of Mia. Pryse wissel tussen 20c en 50c elk! Vandaar is ons vort na Culture Galore waar ons wegle aan die lekker eetgoed van die Koreane, Hongare, Italianers en nog baie meer. Daar is ‘n SA stalletjie met lekker eetgoed maar ons koop nie vandag daar nie want ons eet mos baie SA kos. In Northlands koop Jaco ‘n oulike moderne wat outyds lyk, sakhorlosie.
Steampunk is basies ‘n soort genre van wetenskapfiksieboeke wat in die Viktoriaanse tyd afspeel en oor ‘n toekoms met tegnologie (wat hoofsaaklik gedrewe is deur stoomkrag en klokwerk) wat nooit gebeur het nie, handel. In elk geval, ons predikant het ons genooi na sy 50ste – ‘n fancy dress partytjie. Jaco wil met ‘n Steampunk uitrusting gaan. Met die garageuitverkoping waar goed maar 20c en 50c ‘n item is, het hy ‘n paar goedjies (soos ‘n ou bril) gekry wat hy dalk kan gebruik.
Hy het reeds ‘n nagemaakte keil gekoop vir $3 wat hy bietjie gaan versier en dis nogal heel opwindend om te kyk wat mens kan opspoor vir baie min geld om dit weer in iets anders te toor. Ek het vir hom ‘n foto gewys van Oupa Raath waar hy aangetrek is in ‘n keil en manelpak en ‘n onderbaadjie onderaan en dis die “look” wat hy nastreef ;-) Bybehore soos ‘n sakhorlosie aan ‘n ketting en vlieg-goggels rond gewoonlik die soort Steampunk uitrusting af waarvan Jaco hou.
Daarna is ons vort na Culture Galore toe gegaan waar baie mense van verskillende nasionaliteite wat in Christchurch woon, bymekaarkom. Ons het happies gehad om te eet van Korea, Hongarye, Irak en nog meer. Daar was SA happies ook maar ons eet nogal baie SA eetgoed so ons gaan vir die ander lande se eetgoed. Die weer was egter maar sleg en ons het nie baie lank rondgehang nie
11 Maart
Ons slaan koers in om vir Mia te gaan haal by die kampeerterrein (so 45 minute noord van ons in die Waipara). Ek en Jaco drink eers ‘n koffietjie saam by Pukeko Junction en dink dat dit die eerste keer is wat ons alleen soontoe gaan.
Mia het mos saam met die Girls Brigade uitgekamp het van Vrydag tot Sondag by die Boys Brigade kampeerterrein. Klink of hulle nogal pret gehad het – hulle het Vrydagaand marshmallows gebraai op die kampvuur en op Saterdag het hulle met ‘n motorboot op die rivier gery. Maar op Sondagoggend het dit begin reen en hul tent het gelek. Sy het darem ‘n sambreel ingepak en ewe die sambreel oopgemaak in die tent om haar sak klere teen die reen te beskerm maar haar slaapsak het maar klam geword. (Sy is heel prakties met haar planne). Gelukkig dat die kamp Sondag klaar was want die weer was nie meer lekker nie want ek dink sy was nou reg om huis toe te gaan. Eliza ry saam met ons terug.
14 Maart
Maak reg vir ‘n lekker rustige aand met boeklees terwyl Jaco besig is om ‘n paar steampunk goggles van ‘n mini pavlova houer te prakseer. Kort voor 8.30 lui die foon en dis Mia se maatjie om haar te vra / herinner aan koekies wat reg moet wees vir more se Spaanse taak oor Argentinie. Ek weet nie of Mia geweet het van die koekies nie, maar ek vra haar watse koekies dit is, toe tik sy vir my ‘n Google soektog in na Alfajores koekies. Dit is ‘n soort botterkoekie met baie mielieblom wat delikaat met suurlemoenskil en brandewyn gegeur is. Dit moet met Dulce de Leche (karamelkondensmelk) gevul wees, maar ons besluit eers om sommer konfyt te gebruik.
Al drie van ons help - Jaco om die suurlemoen te zest, Mia om die botter, suiker en eiers te room en ek met die maak daarvan terwyl Jaco dit vir ons uit die oond haal. Die koekies smaak heel lekker en ek begin dink om maar voluit te gaan en die kondensmelk te karameliseer. Dit kom 11 uur op die stoof en die wekker word vir 2 uur gestel om die kondensmelk af te sit, sodat die karamel nog kan afkoel voor dit voor skool Donderdagoggend gesmeer gaan word.
15 Maart
Weereens, “all hands to deck” en tussen Jaco, Mia en myself kom die koekies gesmeer voor skool. Phew!!!!
16 Maart
Ry ek saam met Jaco Merivale toe - hy vir ‘n vergadering ek vir rondloop. ‘n Deel van die Merivale Mall winkelsentrum is gesluit agv aardbewingskade - oa die supermark. Groot was die verassing toe ek ‘n groot markiestent op die parkeerterrein sien staan - daar is ‘n klein voorraad kruideniers uitgepak en in yskaste met ‘n nota dat as iemand iets soek in die winkel, hulle moet vra daarvoor - personeel kan dit gaan haal. Ek dink dis baie oulik.
17 Maart
Mia gaan naaldwerkklas toe en ek en Jaco gaan Spotlight toe - hy kry ‘n stukkie lap wat mooi gaan pas by sy uitrusting as ‘n krawat en ek kry die fraaiste stuk Kersfeesmateriaal vir lappieswerk vir ‘n winskoop (65% af). dis eintlik kersmateriaal maar dis blou
20 Maart
Betaaldag! YAY!!!!
Beide my en Jaco se wie wekkers werk nie maar gelukkig leen Mia vir ons haar wekker
Ek kry egter die bevlieging dat ek ‘n plastiek krat in die spaarkamer wil gebruik wat ‘n LEGO stel in het wat lanklaas gebou is. Ewe vra ek vir Mia of sy nie dalk dit wil verkoop nie aangesien sy lanklaas daarmee gespeel het - en ewe se sy ja. Maar die stel moet opgebou word vir ‘n mooi foto en sy doen dit heel oulik. Dis “City LEGO Hospital” stel en klink of dit dalk nogal raar is ook
Mia bou so lekker aan die LEGO stel dat sy sommer die Girls Brigade misloop. Tog wil die Moeder nie uitmis op haar koffie wat ons altyd gaan drink as Mia by die GB is nie en ons drie het later die aand gegaan.
21 Maart
Mia bou die stel klaar en Jaco kom vroeg huis toe om ‘n foto te neem in die ligtent. Arme ligtent is ook lanklaas gebruik en ruik bietjie bedompig…
22 Maart
Voor skool sit Jaco en Mia die Trade Me advertensie op en nie 2 ure later nie, is die stel verkoop op die Buy Now prys. En Jaco se wekker het wonderbaarlik weer begin werk.
Ek gaan dokter toe vir my 3 maandelikse voorskrifmedisyne
23 Maart
Jaco gaan ruil my wekker (wat in Desember gekoop is) om by die winkel op die lughawe waar dit gekoop is. Tuisgekom was iets anders nie reg nie, en ons val na ‘n aandete van ‘n pannekoekstapel met roomkaas en salm (nie Mia se gunsteling nie) en vir poeding pannekoek met kaneelsuiker, in die pad lughawe toe.
Hulle gee net 10 minute gratis parkering en omdat ons in elk geval moet betaal, hang ons sommer bietjie by die lughawe uit siende dat ons vir tot 90 minute parkeergeld betaal het.
Op die ou einde het ek ‘n plat witte by Number Eight gehad. Vir Lent drink Jaco nie koffie nie, so hy het ‘n Chai gehad en Mia ‘n doughnut.
By die huis word daar hard gewerk aan crafts - Mia maak vir Jaco ‘n steampunk krawat op die naaimasjien (haar naaldwerkvaardighede is baie goed) en daar word eers na middernag bed toe gegaan
24 Maart
Terwyl by by die naaldwerkklas is, gaan die grootmense Vanilla Bean toe. Jaco drink nog steeds nie koffie nie (sy Lent belofte) maar ek geniet ‘n stomende koppie Mocha. Gaan South City toe, vandaar na Hornby om nog betyds te wees vir Safari Meats. Mia gaan vier haar eerste verkoop op Trade Me met ‘n Nando’s burger - sy betaal haar eie burger en Jaco koop vir ons twee. Ek weer koop vir ons poeding.
Terug by die huis is dit ‘n inderhaas ‘n klomp goete doen - Jaco werk sy Oupa se 2de Wereldoorlog Kapelaan knope op sy onderbaadjie en ek bak gou ‘n paar broskoekies om na Scott hulle te neem wat vanaand na Mia kykPhil se 50ste partytjie is baie lekker en daar is iets soos 60 gaste by hul huis. Hulle het darem ‘n markiestent ook opgeslaan en ek verwonder my aan almal se kostuums
27 Maart
Mia se skool kom vroeer uit omdat daar vandag 3-weg konferensies gehou w0rd - onderwyser, kind en ouer. Voor ons dit bywoon, gaan Mia egter na die oogkundige vir ‘n oogtoets op haar onderwyser se aanbeveling, en daar het die meisie sowaar ‘n bril nodig. Later die middag verloop die vergadering ook goed. Die aand is dit nog Girls Brigade, so dit was ‘n besige dag!
30 Maart
Ek help vir Fiona die oggend in die kerkkantoor end ie brilplek bel om te se Mia se bril is reg - ons sal hom spoedig gaan haal
Die aand het Mia Girls Group - hulle versier paaseiers en het ‘n heerlike aand. Ek en Jaco gaan na Starbucks in Riccarton en drink elkeen ‘n heerlike hot chocolate. Daar is die oulikste Farmers Kids winkel wat gister oopgemaak het in die area waar Borders was, en daar is wonderlike winskopies.
31 Maart
Vandag gaan drink ek en Jaco koffie by Addington Coffee-Coop terwyl ons vir Mia wag. Daarna gaan ons na South Library en na die Janome winkel waar ons materiaal kry en knope soek.
Dis ‘n lieflike dag en ons geniet die laaste dag van die somer
1 Januarie
Ons slaap laat en begin die Nuwe Jaar op ‘n rustige noot!
Jaco chauffeur vir my en Mia na die Graham Condon swembad in Papanui waar ons twee girls lekker in die water baljaar terwyl Jaco ‘n ou boek van HG Wells lees.
Terug by die huis doen Mia nog die fiksheid ding en Jaco en Mia gaan vir ‘n fietsrit om die park. Na die tyd kry Mia ‘n heerlike roomysie by New World
2 Januarie
Die aardbewings slaan weer toe met mening. die twee wat ons wakker gemaak het was om1:27 vm is daar ‘n 5.1, om 5:45 vm was daar ‘n 5.5. Mia en Prinses het by ons kom inkruip en ek vermoed dat omtrent die hele stad ge”jetlagged” was vir die res van die dag.
Jaco sit die sjokolademousse resep op en ek maak ‘n sjokolademousse met helfte melk en helfte donker sjokolade. Soos ‘n wafferse Liewe Hekse vergeet ek ‘n belangrike stap maar gelukkig kom dit baie lekker uit. Ons het ‘n rustige dag by die huis en gaan die aand na Hannie en Frik om saam met Annemarie en Digby te kuier.
3 Januarie
Jaco gaan gee ‘n boek in by die Redwood biblioteek. Die biblioteek was nog toe en ek draai Jaco se arm om terwyl die kar se neus na daai kant staan, Pukeko Junction toe te ry vir koffie. Dit het nie veel oorreding gekos nie, maar ons het byna omgedraai by die cafe want daar was so baie karre dat ons amper nie parkering kon kry nie
Die aand kyk ek en Mia die eerste Heidi DVD deur. Al is die DVD’s nie van die beste kleurkwaliteit nie, bring die storie soveel aangename herinneringe terug. Ons kom egter maar laat in die bed
Ons probeer onsself ‘n uitdaging stel om met $10 ‘n dag te probeer klaarkom want Januarie is mos tradisioneel ‘n maand van einde van die maand Salticrax eet sonder kaas en kaviaar ;-) As jy vergeet het van die Salticrax idioom - daar was ‘n advertensie op TV in SA waar die persoon aan die begin van die maand sy Salticrax soutkoekie bedien met allerhande lekkernye soos kaviaar maar teen die einde van die maand eet hy hulle skoon
4 Januarie
‘n Pragtige sonnige dag en ons maak die beste daarvan. Ons drie stap om te gaan skoene soek vir Mia, daarna maak ons ‘n draai by die mobiele biblioteek wat nou in ons omgewing op ‘n Woensdag draai omdat ons biblioteek buite aksie is vanwee aardbewingskade. Ons hop toe op die nr 15 bus stad toe en klim naby die Arts Centre af. Ek geniet die Boulevard Artisans Market oorkant die stukkende Arts Centre en ons draai by die Pou-fontein in die Botaniese Tuin. Ons drie gaan verwonder ons aan die WOW (World of Wearable Art) uitstalling in die Museum. Ons wandel af stad toe en dis vir my baie erg om die Katedraal so stukkend te sien deur die kordonne en te sien hoe die Tuinstad oorgroei is met onkruid en lang grasse aan die kordon se kant. In Cashel Mall is daar nogal baie mense en ons gaan drink koffie by Crafted Coffee. die koffie is lekker maar die ervaring is nie lekker nie - in NZ kan mens so lekker in restourante sit sonder om deur rokers gepla te word, maar hier lyk dit my, kraai rokers koning. Sal maar nie gou weer soontoe gaan nie. Ons gaan Ballantynes toe en van daar af kry ons maklik ‘n Nommer 10 bus wat ons in Papanui Road aflaai. Die idee is dat Mia gou vir oulaas by Leapfrog ‘n draai maak voor hulle op Saterdag sluit want sy wou ietsie vir haar cousins koop. Ons wag nogal lank vir die bus terug huis toe - dit blyk dat daar net elke uur ‘n bus is maar dit was heel lekker om as gesin bus te ry.
By die huis bak ek vir ons fruit mince pies en Jaco maak vir ons sushi wat heel goed afgaan.
Mia is dol daaroor dat ek vir haar een van die Maasdorp boeke voorlees. Sy hou aan met se dat ek baie baie nice is om my arm te draai om meer as twee stories op ‘n slag te lees.
5 Januarie
wat ‘n mooi dag! Ons stap Realty Bites toe om eiers te kry en sommer ‘n boeretrosie ook. Ons beteken in die geval - Jaco, Mia ek en Prinses die kat wat aan ‘n leiband saamstap.
7 Januarie
Koffie en ‘n kuier by Coffee Culture in Merivale na ons by Raeward inkopies gedoen het. Ongelukkig het ons meer as ons toelaag vir vandag gespandeer maar ons het ‘n paar goeie kopies gekry - pavlova vir $3 en ‘n kg tasty kaas vir $8
8 Januarie
Slaap laat. Dis ‘n mooi dag en ons hele gesin eet Mia se tuisgemaakte sherbet met lolliepops terwyl ons op die trampolien sit. selfs Prinses klim vir ‘n rukkie op die trampolien en ek wens ek het die kamera naby. Vir aandete maak Jaco Putine, ‘n Kanadese dis van tjips en vleissous met kaas. Dis lipafleklekker.
9 Januarie
Die huis word wakker met die geur van appel scrolls. Ons lees boek en hang rond in die huis. Die melk is op en ons aldrie stap winkel toe en geniet mekaar se geselskap. Die weer is regtig mooi en warm en Jaco braai vir ons ‘n worsie op die kole terwyl ‘n knoffelbrood homself opwarm in die oond. Vir poeding is daar Toblerone
11 Januarie
Ons drie vorm ‘n produksielyn en bak miniatuur oliebolle vir ontbyt. Ek gee die deeg aan (dis effe aan die slap kant en dit moet versigtig met ‘n lepel van die bakpapier afgeskep word). Die pan met die deeg is gestasioneer bo-op die wasbak. Jaco braai die oliebolle deur dit versigtig in die olie te sit van ‘n naby afstand om spat te voorkom. Mia rol dit vir ons in kaneelsuiker. Nie almal wil appelkooskonfyt in hul bolle he nie, en ons besluit om hulle liewer nie te vul nie maar sommer self die konfyt op die oliebolletjeis te smeer. Dis vreeslik lekker
Gelukkig is dit ‘n mooi sonnige dag en al die vensters kan oopgemaak word vir vars lug daarna. Jaco en Mia maak die beste nut van die dag deur na New Brigton strand te gaan om sandkastele te bou. Ek bly by die huis want ek is maar bietjie versigtig vir tsanmini’s en goed. Die middag gaan ons Ballantynes toe in die middestad en loop lekker daar rond. Dis nie baie besig nie want ek dink die uitverkoping begin more.
12 Januarie
Teen 11 uur is ek en Mia by die Browns - ek om soort van babysitting te doen maar eintlik lees ek net boek. Olivia maak vir my ‘n lekker koppie tee en Grace antwoord die foon. Hul ouers moes tot eenuur uitgaan en die familie wat by die huis sou bly, is weg na laasweek se aardbewings. Mia het heerlik gekuier
Tyd om weer ons “free range” eiers te gaan koop by Realty Bites cafe! Lekker - dit beteken koffie vir die grootmense en Mia drink ‘n Tarantula Spider - ‘n Coke Float in Afrikaans. Dis net dat hulle 4 swart strooitjies insit om dit soos ‘n wafferse spinnekop te laat lyk ;-0 Ons sou loop maar die weer het gedraai en ons het gery. Prinses is saam in die kar maar het die kar vir ons opgepas
19 Januarie
Ek en Mia is lus vir bederfkos en gaan koop ‘n plakkie fudge by die Fudge Cottage. Ons koop sowaar nog ‘n bak roomys en ‘n bottel Vanilla Coke wat ons in wat hulle hier ‘n spider noem en ons in SA ‘n Coke float genoem het
20 Januarie
Ek het beskuit gebak en weer soos laasweek kondensmelkkoekies gebak. J en J, amper bure van ons en wat baie biltong maak vir hul eie gebruik, het aangebied dat ek beskuit bak in ruil vir biltong. Klink nie heeltemal in hul guns nie maar vir ons is dit bargain! Mia het die botter ingevryf, ek het gebak en Jaco het die beskuit uit die oond gehaal, gesny en gedroog.
Die aand gaan bederf ons onsself met ‘n uiteet by North and South - ‘n Chinese restourant oorkant Addington Co-op
21 Januarie
Ons doen die beskuitruil / biltongruil ding en is heel in ons noppies met die ruil. Jaco gaan haal ‘n DVD af by The Drawingroom, ‘n ander winkel as Alice in Videoland waar hy die video van bestel het. Alice is ongelukkig in die Red Zone en mense mag nie soontoe gaan nie maar as jy vooraf reel kan jy ‘n video van die aanlynkatalogus bestel en dit by die ander winkel koop. Jaco koop vir ons ‘n “daylight” lamp sommer daar wat baie handig te pas gaan kom
Draf gou by South City in en daarna ry ons sommer vir die lekker, Little River toe. Mia kry ‘n Kapiti koffie en vanillabootjie roomys en ek en Jaco koop koffie en ‘n snytjie sjokoladielekkerte. Die skou is aan die gang en ek en Mia gaan in en ry op ‘n regte perdewaentjie wat lyk of hy uit Laura Ingels-Wilder se Little House on the Prairie kom! Beste is, die toegang en die waentjierit is gratis.
By Te Tapu koop Jaco vir my die mooiste bos rooi rose - daar is omtrent 18 rose in die bos wat vir ‘n skrale $10 verkoop word. Die kwekery is Moffats wat daar naby is die voorsiener van die mooi blomme en ek beplan om op ‘n stadium die winkel daar te besoek.
31 Januarie
Ons moet gaan skryfbehoeftes koop en Jaco verras ons daarna met ‘n verassingsbesoekie aan die Berry Cafe - ‘n soete einde aan die skoolvakansie want die nuwe skooljaar begin more!
Al is dit nog ver van warm af by ons, kan mens seker se vandag kan ons begin uitsien na Lentedag. Bygese, dis nog koud en als maar ek het saam met twee van my vriendinne vanoggend gaan koffie drink by ‘n Terra Viva cafe, by ‘n kwekery rondgeloop en daarna bietjie in ‘n park gaan stap tot ons te koud gekry het en vort is. By my huis het ons tee, en elkeen ‘n tuisgebakte skon en ‘n tuisgebakte meringue met lemon curd gehad. Njam. Mia het Random Act of Kindness dag by die skool gehad en het dit baie geniet.
3 September
Die weer was vanoggend so mooi en ek het by Northcity kerk gaan oefen saam met die hoofsaaklik senior tannies. Daarna in hul op shop rondgeloop en vir ‘n totale bedrag van $6, 2 klassieke CD gekry, ‘n baie mooi bloes en ‘n denimromp (die romp sit so effe los) maar nogtans - dis wat jy ‘n bargain noem.
Jaco het my by Northlands gaan kry - ek het bietjie daar rondgeloop terwyl ek vir hom gewag het. Jaco het ‘n afspraak in die stad gehad. Ek het saamgery en my eie rondlope geloop tot hy klaar en hy my by die huis afgelaai het. maar dis koud nou
Ai dis lekker om ‘n ma te wees van ‘n cute, kunstige en kreatiewe meisiekind. Ek gesels met Mia oor al wat ‘n ding is en het vir haar die ander dag die feetjie-glaskunswerk wat Cornelia vir my gemaak het destyds, sowel as glaskunswerk wat Cornelia gemaak het vir Mia toe sy ‘n baba was, waarin goed soos watte en salfies gebere kon word, gewys. Sy was baie beindruk en ek sien sy sal self haar hand daaraan wou slaan as sy kon.
4 September
Ongeveer 4 uur vm Saterdagoggend word ek wakker van ‘n suur smaak in die mond - ek loop ‘n draaitjie, gaan drink water en gaan le weer. Ek word bewus van Prinsessie wat by ons kom inkruip.
Omtrent 4.35 word ons wakker van ‘n vreeslike geluid ‘n wiegbeweging. Jaco en ek hou mekaar en Prinses vas, Prinses spring uit my arms en skiet soos ‘n pyl in ‘n boog vorentoe en verdwyn. Ons besef dit is ‘n kragtige aardbewing en vir omtrent 40 sekondes rol en ruk die huis en dit voel vir my of ek hoor bakstene val. Later het ons gehoor dit was ‘n 7.1 aardskudding met die epicentre nie te ver van ons af nie.
Dit is ‘n baie vreesaanjaende ervaring waarin ons mekaar vasgehou het en gebid het. Mia het die vorige aand in die sitkamer voor die kaggel gaan slaap (haar manier van uitkamp). Die oomblik wat die skudding afgeneem het, was ons krag gelukkig nog aan en het Jaco genael na die sitkamer om by Mia uit te kom. In die proses om by haar te kom moes hy oor ‘n platgevalde boekrak en honderde tydskrifte wat in die boekrak was, maar nou op die gang le, klim. Hy was
gelukkig gou terug om Mia tussen ons in die bed te sit, maar Prinses is soek en ek bekommer my dat sy dalk onder die boekrak beland het.
Twintig minute later is dit weer sulke tyd en die keer is dit ‘n 5.3 skudding. Ons hou mekaar aldrie vas in ‘n stywe hug en verseker mekaar hoe lief ons mekaar het. die elektrisiteit slaan die keer uit en dit is pikdonkernag en doodstil en weereens kan ons net bid. N’n a die tyd is daar ‘n “eerie” stilte. Op ‘n stadium wou Jaco vinnig badkamer toe gaan - maar ek en Mia hou hom vas en gevra hy moenie nou gaan nie -netnou gebeur dit weer - en dit is beter as ons bymekaar kan bly. Later het hy wel opgestaan en met ‘n prys teruggekom - Prinses die kat. Hy het fyn kermgeluidjies in die waskamer gehoor en dit was die arme verskrikte kat gewees. Sy wou egter nie by ons le nie en het op ‘n stadium weer verdwyn. Dit het later geblyk dat sy by ‘n skuifdeur wat oopgegaan het tydens een van die skommelinge, uitgeglip het. Vervolgens was daar nog
‘n paar rolle en skudde vir ons.
Jaco en Mia het iewers aan die slaap geraak maar ek het le en wroeg oor die storie. Die verligting was groot toe ek later voeltjies hoor kwetter en te sien dat die dag gebreek het. Ek is te bang om na die skade te gaan kyk en boonop is dit eintlik ‘n hele operasie om verby die boekrakke, ornamente en tydskrifte te kom wat die gang besaai le. Gelukkig vir my het ek ‘n ruk voor die aardbewing geslaan het, ‘n draaitjie geloop want selfs om by die badkamer te kom is ‘n missie en ‘n half.
Toe ons uiteindelik bietjie die gang opgeruim het en ek in die kombuis gekom het, het ek die skade begin gade slaan en nogal geskrik. Genadiglik het niks van my porselein gebreek nie, maar daar het ‘n paar bottels uit die kombuiskas op die houtvloer geval - soos bottels olie en die chutney - maar niks het gebreek nie. Van ons boekrakke en my pophuis
het omgeval en van die boeke en CD kassies het seergekry. Die skaakstel se kassie het gebreek maar die skade is wonder bo wonder minimaal
Terwyl ek die veranderde landskap ingeneem het, het die foon so net na 8 vm se koers gelui en dit was my vriendin Louise uit Auckland wat bekommerd was oor ons en vir my gese het dat dit ‘n baie ernstige aardbewing was wat ons getref het. Aanvanklik is daar gese dat dit 7.4 op die Richterskaal geregistreer het maar dit is later afgegradeer na ‘n 7.1 skudding. Gelukkig kon sy se dat daar sover nog min berigte van beserings was. Sy wou weet of ons orraait is en omdat ons nie goed genoeg voorbereid was en ‘n battery radio gehad het waarop ons instruksies kon hoor van Civil Defence nie, het sy vir ons ‘n paar gidslyne gegee oor wat om te doen (water bymekaar te kry en spaarsamig daarmee te werk, dadelik oproepe te maak terwyl die foonlyne nog hou en sy het selfs aangebied om iemand namens my te sms). Ek het dit so waardeer - ek het haar gevra om miskien net op my Facebook muur te se ons is orraait. Sy het later ook gebel om te maan dat ons die water moet kook voor ons dit drink.
Gelukkig vir ons was daar nog water in die kraan en ons het gedink dat as die nood druk ons darem die water in die geyser (hot water cylinder) het om te gebruik. Ek het drie vinnige oproepe gemaak na SA - en ‘n boodskap op my
vriendin Marie se selfoon gelos want Marie het nie Internet toegang nie, ek het my ma se ouetehuis gebel om hulle te se dat ons ok is na ‘n aardbewing en dat dit dalk beter is as my ma van die televisie weggehou word en ons het vir skoonpa gebel maar net met sy antwoordmasjien gepraat.
Ons het weer saam kringetjie gemaak en ‘n dankgebed gebid dat die Here ons bewaar het. Soveel dinge kon gebeur het - van die goed kon op Mia geval het waar sy geslaap het en dit is ‘n groot bron van dankbaarheid want goed het rondom haar geval maar niks het op haar geval nie
Ek was so lus vir ‘n warm koppie soet tee maar by gebrek aan iets om die water warm te maak - elektriese ketel of ‘n gasstoof was dit nie moontlik nie.
Prinses het darem weer uitgekom en sy en Jaco het na die bure gegaan om te kyk of dinge by hulle in orde was. Prinses het sommer daar gebly vir ‘n rukkie om te kuier en die mense het ons bietjie op datum gebring oor wat op die radio gese word deur Civil Defense.
Ons het besluit om almal saam winkel toe te stap om te kyk of ons kan gebottelde water koop. Helaas, als was toe daar. Die supermark het ‘n paar noodvoorrade (batterye, water, brood, eiers, flitse) in ruil vir kontant verkoop. Wat egter wonderlik was, was dat mens geselsies met vreemde mense aangegaan het en almal seker gemaak het dat bure orraait is. Vir
my het dit gevoel ons is almal survivors wat saam iets erg deurgemaak het maar daardeur is. Bygese, almal was maar gerattle en geskok. Dit is ‘n wonderwerk dat meeste mense niks oorgekom het nie en dat daar relatief min skade was na ‘n 7.1 skudding (wat op die Richterskaal vergelyk met die Haiti aardskudding vroeer vanjaar). Vir baie was dit die ergste skrik wat hulle al ooit gehad het en al was dit so traumaties, was dit ‘n absolute wonderwerk dat so min mense fisiese
beserings opgedoen het. Op die oog af lyk dit nie of die huurhuis waarin ons bly strukturele skade opgedoen het nie
My blou pophuisie se meubels is na een kant en van die klein goedjies daarbinne het uitgeval. Genadiglik het die pophuis op ‘n stoel beland wat gemaak het dat die huisie self nie te seer gekry het nie
Intussen was daar verskeie aftershocks wat mens elke keer herinner van vanoggend se groot skok. Arme Prinses die kat is ook heel getraumatiseerd en het weggekruip en later deur die skuifdeur wat oopgegaan het, uitgeglip. Al se Jaco hy is “shaken but not stirred”, se ek en Mia ons is gestir. Mia wil nie eers badkamer toe gaan alleen nie.
Ek dink dit was vir haar verskriklik erg dat sy die eerste aardbewing alleen ervaar het omdat sy in ‘n ander deel van die huis was. Jaco het haar so gou as moontlik gekry daarna maar dit moes vir haar baie erg gewees het.
‘n Noodtoestand (Civil Emergency) heers in Christchurch. Ons het probeer om die laaste water in die geyser te bewaar en bymekaar te maak vir as ons nie meer water het nie want blykbaar het van woonbuurte en die middestad groot waterprobleme. Ons New World supermark (en die ander winkels in die omgewing) was vanoggend gesluit. Die supermark het darem by die deure melk, gebottelde water, vuurhoutjies, batterye, flitse ens kontant by die deure verkoop want die krag is af wat die eftpos masjiene en ATM’s laat loop en benewens dit, was daar groot skade in die winkel soos goed van die rakke afgeval het.Ons krag was vir 6, 7 ure af gewees.
Van die plekke (soos in die stad) is erg beskadig. Vroeer vanoggend was mense bang ‘n tsoenami tref die stad en hulle het probeer vlug. Om petrol te kry was egter ‘n uitdaging want met die eftpos masjiene wat nie werk nie is dit nie so maklik en eenvoudig nie - alles raak ‘n uitdaging - glo my!
‘n Paar gedagtes van ander mense wat die aardbewing ook deurgemaak het:
Hierdie was Dr Tienie Bekker, leraar van die ACK Christchurch gemeente, se gewaarwordinge tydens die aardbewing wat op die Afrikaanse Klub se Brokkies beskryf is:
“Dit is pikdonker, die bed beweeg heen en weer en op en af, goed val en glas breek. Ek probeer opstaan, maar dit wil nie werk nie want dit voel na iets tussen ‘n tuimeldroër en ‘n “roller coaster”. Ek kan nie verstaan wat gebeur nie want ‘n aardbewing behoort net heen en weer te skud maar hierdie voel of dit dalk die einde van die wêreld is want
die aarde golf soos die see. Daar word geskarrel na iets wat lig kan maak want dit is 4:36 in die oggend, maar in die proses loop ek my teen ‘n swaar antieke buffet vas wat “rondgeloop” het. Ons besef dit is ‘n aardbewing en skielik daal daar ‘n vreeslike stilte neer. Dit is pikdonker en baie stil en ons is net dankbaar dat ons lewe, maar bewe onbedaarlik.
Soos dit lig word en ons nuus kry oor ons klein “opwen” radio’tjie begin ons die omvang van die ramp besef en begin ons God loof met trane van dankbaarheid dat ons so lig daarvan afgekom het. Die kruidenierskas het sy inhoud oor die kombuisvloer gestrooi en dit lyk chaoties. Elke naskok wat volg laat jou hart saamtrek. Daar is nie krag en water nie en ons besef dat ons is nie goed genoeg voorbereid was vir so-iets nie en skielik dink ek daaraan dat die Woord sê dat
Jesus se koms sal soos ‘n dief in die nag wees en ons moet daarvoor voorbereid en gereed wees. Soos die nuus inkom weet ons dat hierdie ‘n Goddelike wonderwerk is, want ondanks ‘n 7.1 aardbewing wat enorme skade in die stad en aan soveel huise veroorsaak het, is daar nie lewensverlies nie. Kommunikasie is beperk met sommige fone en selfs selfone wat nie werk nie , maar orals stel mense in mekaar belang en wil help waar hulle kan.
Ons stel met verligting vas dat die saal waar ons kerk hou baie min skade het en daar is spontane gebede van dankbaarheid aan God vir Sy genade en beskerming. Die emosionele impak begin sigbaar word as ‘n paar mensies begin huil as hulle oor hulle ervaringe praat. Daar is baie wat uit hulle huise moes trek vanweë ernstige strukturele skade. Twee van ons gemeentelede se huise het ook ernstige strukturele skade. ”
Paige, ‘n dogtertjie wat net die vorige dag verjaar het en 10 geword het, het blykbaar gehuil en iets in die lyn gese dat sy nie wil 10 wees as dinge so gaan as sy groot is nie.
Nog ‘n dogtertjie, Bella se “It felt like I was pushed up in a small cave. The ground moved like jelly.”
Ek het van ‘n seuntjie of twee gehoor wat nogal die skommelry geniet het -dit het hulle dalk laat dink aan ‘n wille roller-coaster rit
Magda skryf die volgende: “In die chaos van die aardbewing, was ons bevoorreg om God die Redder te leer
ken. Dit was dit vreesaanjaend, maar ons het nie vir ‘n oomblik verlore gevoel nie. Christiaan het sy Sussie met die volgende woorde getroos : “Moenie worry nie Sussa, Jesus is groot, Hy sal ons oppas!” … en as my kindjie se geloof SO groot is,…”
Vir Mia was dit baie ontstellend om alleen deur die groot aardskudding te gaan met goed wat so naby om haar val - sy wou nie daaroor praat nie en sy wou ook nie herinner word aan die aardskudding deur radio te luister of televisie te kyk nie.
Ek was self maar getraumatiseerd - my hart het erg geklop, ek het in sweet uitgeslaan en aan die bewe gegaan en sukkel om te konsentreer
Prinses is rusteloos en siende dat mense se dat katte aanvoel dat daar aardbewings op pad is, het dit my ook rusteloos gestem. Bygese, ons het weereens gebid en het gevoel dat die Here ons styf vashou en ons het net klein skokke gehad en niks vreeslik ernstigs nie.
Ek het later die aand my ma se ouetehuis geskakel om my weeklikse gesels met haar te gesels en te maak of niks gebeur het nie want sy het mos Alzheimers en dit sal haar net onnodig ontstel. Ekhet die suster nogal as kortaf ervaar - sy het my gemaan om niks van wat ons ervaar het vir my ma te se nie - maar ek het immers die oggend gebel en gevra hulle moet my ma van die televisie weghou want ek wil nie he sy moes weet nie. Die suster was seker bang ek ontstel my ma maar soos ‘n vriendin (wat haar huis in die aardbewing verloor het en dieselfde dag moes uittrek omdat van die mure ingeval het) opgemerk het, was dit dalk net dat die suster regtig my ma se belange op die hart dra en dat ek dankbaar daaroor moet wees
Wat in surreal dag vol ervaringe!
5 September
Ons kerk toe, en dit was eintlik so goed om daar te kon wees. Soos Phil gese het (ons minister) is dat dit die eerste keer is wat hy ‘n diens het op ‘n dag wat ‘n Civil Emergency in plek is en hy kon soos alle dominees ook dinge goed verwoord - soos dat die eerste keer is wat baie mense werklike vrees gevoel het. Die Here is so almagtig is en dat ons die grootheid van die Here se skepping ervaar het. Dit is ook net genade en ‘n wonderwerk van die Here dat so min mense beseer is. Wat ook lekker was, dat die jongmense van die kerk ‘n Vadersdag ontbyt gemaak het en dit het gemaak dat ons bietjie kon eet en kuier en gesels met ander mense wat deur dieselfde ervaring (baie in dieselfde woonbuurt) gegaan het.
Baie gemeentes se kerke is beskadig en heelwat kerkdienste is gehou is in ander venues omdat van die ou kerke baie skade gekry het. Ons eie kerk het redelik ongeskonde daarvan afgekom en ons mag daar ingaan, maar ons het trillings gevoel terwyl ons in die diens was. Op die oomblik dink ek die na-skokke is sleg vir baie mense (ons insluitend) want jy weet nie wanneer die volgende grote kom nie
Ek onthou die skommel en my gedagtes het gegaan na die beskrywing van Pompeii se aardbewing en vulkaan. Ek onthou nog ek het ‘n sug van verligting gegee toe ek hoor daar is voeltjies wat sing met dagbreek - in Pompeii dink ek het die voels die hasepad gevat omdat hulle die vulkaan voel aankom het.
My eie ervaring was dat ons bymekaar wou wees en steeds bietjie aan skeidingsangs lei en almal in die gesin onder oe wil hou. Ons het almal maar in ons kamer geslaap om Saterdagaand en gisteraand. Mia se sy voel wobbly maar sy was darem vandag rustiger. Sy wil nie te veel van die aardbewing praat nie en het Saterdag (toe ons radio geluister het oor die storie) gevra dat ons dit asb moet afsit want dit herinner haar die hele tyd daaraan.
Die grootste deel van Jaco se werk is oop en hulle moet hul eie water saamvat om te drink. Hulle het gese dat personeel wat ‘n probleem het ‘n dag betaalde verlof kan kry. Ek wens eintlik Jaco kon by die huis wees want ek dink ek ly ook maar bietjie aan skeidingsangs en miskien kan hy bietjie vroeer afkom.
6 September
Ons is besig om te probeer orde skep en ek is nie gewoonlik goed daarmee nie maar dis nou seker maar ‘n verpligte spring cleaning Die after shocks egter is regtig goor - die meeste is lig maar blykbaar met een vroeer vandag het dit gemaak dat geboue in die stad gesloop moet word. Dis werklik baie scary en mens word geestelik uitgeput.
Die supermark by ons was basies vir 2 dae toe (hulle was gister vir ‘n kort rukkie oop). Ek was netnou daar en daar is CCTV foto’s van hoe hul gangetjies gelyk het. hulle het betonvloere en imagine net al die bottels wat afval en breek en die gemors daarna. Daarna was ek in die hardewarewinkel en terwyl ons daar was, was daar ‘n groterige skudding. Genadiglik was dit darem nie so erg dat iets met ons gebeur het nie. Die vrou van die hardeware winkel het vertel dat hul groot skade Saterdag was dat verfblikke oopgegaan het en hulle moes die verf opdep met katsand (en dat al hul katsand nou op is)
Dit klink of al die kindertjies almal maar geraak is deur die storie - baie stories is so dieselfde en meeste gesinne slaap maar as gesin slaap. By Jaco se werk moedig hulle die personeel en hul gesinne aan om vir berading te gaan - sy werk gee iets soos 3 ure berading gratis
Daar is areas wat die paaie erg seer gekry het en van die woonbuurte is baie sleg geraak - daar is bv ‘n hele woonbuurt wat ontruim is. Daar is mense wat in skuilings woon en mense wat maar oorslaap by vriende. Die middestad is baie sleg geraak en mens mag nie soontoe gaan nie. Areas wat op moeras en sand gebou is is ook baie sleg geraak. Water en krag is ‘n probleem in sommige areas en naby ons (insluitende by Mia se skool) het daar pype gebars en who knows of die water skoon is en daarom moet ons ons drinkwater kook. Die skade by ons eie plek is egter minimaal waarvoor ons baie dankbaar is.
Sover is ons al die skole toe - wat ‘n goeie ding is want daar was netnou weer ‘n erge “jolt en dit is scary vir die kinders - ek glo dat dit dan beter is dat hulle by hul ouers is. Aan die ander kant, dit maak dat die kinders se lewens nog nie tot normaal kan keer nie. Sy en haar maatjie Grace B, haar sussie en ek en die meisies se ma, het vandag op ‘n “adventure walks” in ons area gegaan.
7 September
Ons ergste skudding sover was Saterdag se groot 7.1 skudding maar ons het sedert Saterdag nog die hele tyd skuddings wat wissel in sterkte. Volgens die laaster berig “0908hrs, 7 September “An extensive number of aftershocks of between Magnitude 3.2 and 5.4 have occurred and the likelihood of aftershocks of up to around Magnitude 6 will remain for the next week.
Soms voel dit net soos ‘n bootrit wat mens so skommel maar vir huise en geboue wat klaar onstabiel is, is elke skudding nog ‘n spyker in die doodskis. Om eerlik te wees, dit bly vreesaanjaend want jy weet nie wanneer die volgende een kom en of dit sterkter as die oorspronklike een gaan wees nie. Saterdag se skudding het vooruitgespruit uit ‘n “blind fault” waarvan niemand geweet het nie.
Die Here was baie goed vir ons - die feit dat dit in die nag gebeur het wat meeste mense geslaap het, het baie gehelp dat so min mense seergekry het. Nog ‘n feit die ander feit is dat die huise in NZ met aardbewings in ag geneem, ontwerp is. Die houthuise gee nogal kans vir skommel (as ek dit nou reg verduidelik). Die houtvloere help ook - Saterdagoggend was daar bottels op die vloer - soos olie en chutney - maar niks het gebreek nie want die houtvloer is eintlik heel sag.
Maar dat dit scary is, is baie waar en dit is blykbaar die grootste aardbewing wat NZ nog gehad het. Hulle het nog altyd ‘n groter verwag by die “faultline” (na Wellington se kant) - en hulle verwag die grote nogsteeds - maar niemand was bewus van die fout hier in ons midde nie. Ongelukkig is van die huise hier op onstabiele grond (soos sand en moeras) gebou en baie van die huise daar is baie erg beskadig. Ou historiese plekke is ook nie met die oog op aardbewings gebou nie en dit is baie hartseer dat van daardie sjarmante pragtige plekke in ‘n oogwink weg is. Intussen is daar maar allerhande vrese - selfs goed soos beskikbaarheid van kos. Warehouses en supermarkte het baie kos verloor en toeganspaaie hierheen is moeilik toeganklik,
Jaco het netnou gou bietjie voorraad gaan koop want mens weet nie of daar tydelike kostekorte kan kom nie - van die goed soos meel, pasta, gebottelde water en blikkieskos word opgeraap. Gister was ek vinnig daar in en die olie het ook vir my min gelyk (wat sin maak as jy dink glasbottels olie het stukkend geval). Ek neem aan dis vir industriele redes wat supermarkte betonvloere het, en dis seker hoekom die skade so groot was. Een van my pelle het op sy fb ‘n foto gepos van brood wat heeltemal op was by ‘n supermark naby hom. Mens wil ook nie te veel vars / gevriesde goed he nie want as die krag uitgaan sit jy met ‘n probleem. Ons was seker so 6, 7 ure sonder krag op Saterdag maar daar is nogsteeds mense in sekere areas sonder krag.
8 September
Is lekker om Elsa en Su te sien en ek bak gou vir ons ‘n paar skons met tee (wat nou heel goed afgegaan het).
Mia is maar by die huis rond - mens kan nie eers biblioteek toe gaan nie want hulle sou vandag oopgemaak het maar na vanoggend se skudding is die planne ook verander. Sy is ‘n regte huishen en geniet dit darem by die huis en hou haarself goed besig wat ‘n seen is. Ek sorg maar dat Mia goedjies doen soos om haar craft goed uit te sorteer, my te help bak en sy speel www.mathletics.co.nz te speel om haar brein besig te hou.
die ding is dat omdat mens nie goed slaap nie (omdat die aftershocks jou uit die slaap hou en omdat jy worrie oor die grote wat nog op pad is) is mense maar oor die algemeen jumpy en senuweeagtig. Tog, aan die positiewe kant, laat die afgelope paar dae laat mens anders na die wereld kyk. Ek wil ook graag my lewe meer vereenvoudig. Met die dat een van die goed wat met ons gebeur het, was dat boekrakke omgeval het. Al is ek bitter baie lief vir boeke en beplan om al die boeke te hou waarvoor ek lief is, begin ek sien dat ek dalk tog moet minder maak
10 September
Die tremors raak minder maar stres mens maar steeds op. Met die wat ons bure langsaan besig met bou en dril help dit nie baie nie want soms voel dit kompleet soos ‘n skudding. Mia moes die naweek op ‘n Girls Brigade kamp gaan en dit is soos die meeste gebeure in ons stad die afgelope week, afgestel. Maar die organiseerders het die kamp verander na ‘n gesinskamp en ons is, omdat ons ‘n GB gesin is, genooi om ter genooi op Glenroy toe te gaan12 September
Die naweek weg het ons nou goed gedoen! Daar was min mense daar, maar dit was lekker en rustig daar. Daar was net een skud wat van so aard was dat ons moes hol om skuiling te soek. Verder het ons heel veilig daar gevoel. Die kinders het gespeel, crafts gedoen (soos teken en plak en die cuteste feetjies gemaak), hulle moes help opruim. Ons het selfs ‘n skaap sien geboorte gegee het daar en die kleine ou lammetjies was daar wat eintlik heel amazing is. Glenroy is in die Horarata en van die plekke in die omgewing daar het nogal skade opgedoen - maar Glenroy self het omtrent niks oorgekom nie.
Met die terugkomslag het ons by ‘n plekkie gestop - ek en Jaco vir koffie en Mia het ‘n yo-yo koekie gekoop wat sy geeet het. Mia was so dol oor die koekie wat sy geproe het, dat sy my gevra het om hulle ook te bak - en ewe se sy my koekies is lekkerder as die winkel se koekies so ek sy reken ek moet dit ook probeer bak.
13 September
Yay! Die skole is weer oop. Help sommer baie om dinge na normaal te kan terugkry. Dis nogal rof as ‘n hele stad se mense vanwee een gebeurtenis getraumatiseerd is. Die skole het maniere om die kinders te help om die trauma te verwerk maar daar is oral “trauma councelling” beskikbaar.
Mia wou nie met ons oor haar aardbewing-ervaring praat nie maar sy het by die skool iets geskryf wat ek eers heelwat later gesien toe sy haar skoolboeke teruggebring het huis toe in Desember na die skool gesluit het. Ek gaan dit egter hier deel:
Written by Mia Swart, Bishopdale, Christchurch, age 9 years and 3 months when the Canterbury quake happened. She was “camping out” in the lounge and woke up alone, with objects falling very close to where shewas sleeping. Thankfully she was not hurt, but had a big fright. She wrote this when the school re-opened after the week earthquake “holiday”.
————————————————————————————————————-
Saturday 4th, September 2010. On this date the worst ever thing in my life happened…an earthquake! It was 4.30 AM, and I was sleeping. Suddenly, in my dream, two boxes began moving slightly, first to the right then to the left. I woke up and the earthquake began.
The ground under me was shaking a lot now. It seemed that the ground was roaring and shaking with rage. I was “sleeping” in the lounge that night, so I was in my sleeping bag. There I lay, staring in front of me, my mouth glued shut, till the terrible thing ended.
My dad came, and I crawled in Mum and Dad’s bed. Finally I dozed off. I woke in the morning, and listened to the birds, happily chirping their sweet songs. It seemed like that day would be wonderful, and there was never an earthquake. Soon I climbed out of the bed [with mum and dad] and looked at the damage. Mum’s dollhouse fell. She was so upset about that! Two shelves fell down, one which had the chess board. It broke a bit, but it could be fixed. None of the cups, saucers and plates fell! The reason for that was, earlier, mum had put special things in that were slightly sticky, so they stuck.
Outside, all the wine fell off from a shelf, and some broke. Some wood went behind the car, so it had to be put back. As we are renting a house, the landlord phoned to ask about damage. Luckily there was no damage on the house.
I think earthquake’s way of being angry is terrible! I WISH everything would go back to normal!
+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Op Mia se versoek van gister het ek die yo-yo koekies netnou gemaak en dit was heel lekker. Sy het hulle alte mooi versier.
14 September
Daar is nogsteeds elke dag aftershocks wat jou maar senuweeagtig laat. vandag alleen was daar twee, 4.2 op die Richerskaal aftershocks terwyl Mia by die skool was en dis maar scary. Ons hoop en bid dat dinge beter sal gaan en dat dinge nou sal rustiger raak.
15 September
Ek en Elsa en Su het ‘n baie lekker dag - ons was na Hagley Park en die Canterbury museum. Hagley Park is vol affodille en is ‘n prentjie om te sien. Die museum het blykbaar aardbewingversterking gehad en het nie erg seergekry nie en blykbaar het niks van die mooi porselein en ander kosbaarhede gebreek nie. Die pophuis in die outydse speelgoedwinkel se interior het geskuif met die aardbewing maar hulle het besluit om dit so te hou as aandenking van die skudding.
16 September
Mia se skool het ook nou gebel om te se sy het flou geword na sy geval het - ons hoop maar dis niks ernstigs nie en was moontlik die skok wat dit veroorsaak het want daar was bloed betrokke. Jaco het haar sommer gou gaan haal met die kar.
18 September
Ons was netnou stad toe en dis nogal hartseer om te sien hoeveel geboue het seer gekry / afgebreek na die aardbewing. Hulle restoureer dat dit klap aan van die ander plekke en van die plekke is weer op vol sterkte oop. Mia slaap nog by ons want al voel ons nie al die na-skokke nie, is dit nie grappies om wakker te word van een nie - nou is sy darem by ons en as daar groot drama is, is ons darem almal bymekaar.
22 September
Elsa en Su kom loer by my in en Jaco kom om 1200 my oplaai sodat ons ‘n kwotasie vir die rekenaar kan kry wat tydens die aardbewing gebreek het. ons het bietjie skade gehad aan ons persoonlike goed maar darem nie groot nie - daar is egter van die kinders is Mia se skool wie se huise nie reggemaak kan word nie en op n stadium gesloop sal moet word omdat dit onherstelbaar beskadig is en dit is baie hartseer. Ashley, een van Mia haar maatjies, is in die posisie en hulle moet op ‘n stadium uit hul pragtige nuwerige huis van 11 jaar wat in ‘n nuwe ontwikkeling gebou is. Gelukkig mag hulle nog vir tyd en wyl in die huis bly en het hulle darem ‘n dak oor die kop (Daar is mense wie se huise rooi stickers opgekry het die dag van die aardbewing, wat beteken dat die huis totaal onveilig is om binne te gaan en hulle moet hul besittings net so los binne die huis) en ander blyplek kry.
Ashley se ma het gese dat die regering graag sal wil sien dat indien moontlik, woonbuurte en gemeenskappe nie opgebreek word nie en besluite moet gemaak word hoe daar met die woonbuurte gemaak gaan word as die huise gedemolish is wat gedemolish moet word. Dalk kan die grond behandel word en dalk nie - die mense leef nou in onsekerheid. Tog is die vriendin vol humor deur dit als - sy en haar man het hul 18de anniversary gevier laasnaweek en sy se hy maak nogsteeds die aarde vir haar kantel (al was dit meer as 700 keer die afgelope 2 weke).
Sommige geboue is reeds al afgebreek omdat dit gevaarlik is. een van die woonareas in die stad het nog steeds nie water en sanitasie nie omdat daar baie groot skade aangerig is
23 September
Ek gaan na Northcity vir ‘n tuinmaakkursus. Ek sou saam met ‘n vriendi gegaan het wat vergeet het en op die ou einde het ek in rekordtyd gehol en darem nie te laat daar aangekom nie. Ek geniet dit baie, kry kans om blaarslaai en tamatie plantjies oor te plant, basielkruid-saadjies te saai en ek hoop dat hulle gaan groei! Kry ook tips vir Mia se aartappeluitdaging wat sy by die skool het. Stap sommer met als Northlands toe waar ek bietjie rondsnuffel vir ‘n geskenk wat Mia more na Amber moet neem. Op die ou einde bel ek vir Jaco van daar af en hy is die ridder in ‘n wit karretjie wat my kom haal;-)
24 September
Die kinders trek vandag mufti aan na die skool op hul laaste dag voor die vakansie begin. Mia is baie opgewonde - sy en Grace is vir ‘n sleepover partytjie by Amber, een van hul klasmaats genooi. Met die aflaaislag seg Jaco vir haar sy moet haar tassie pak en daar se hy vir my ek moet ook ‘n oornagtassie pak! Dit kom as ‘n groot verassing. Prinsessie gaan egter tuis bly want ons is more weer terug.
Na Mia afgelaai is, kom ons terug huis toe om ons goedjies te kry en Jaco “ontvoer” my na een van die mooiste hotelle in die stad - die Crowne Plaza. Ek kom dit ook maar eers agter toe ons reg voor die pragtige plek stilhou. Ons kry ‘n pragtige kamer en ek moet hoor dat dit ook ‘n Grab One aanbod was - hulle het ‘n wyle terug op ‘n dag ‘n aanbod van 50 persent afslag gehad en my liewe man het dit vir ons gekry - met die idee om dit vroeg September te gebruik toe Mia op haar Girls Brigade kamp sou wees (wat afgestel is vanwee die aardbewing).
Na ons bietjie verken het, en die mooi uitsig op Victoria Square bewonder het, wandel ons af na die Belgium Beer Cafe Torenhof waar ons ‘n kersiebier deel. Ek hou nie regtig van bier nie en wou daarom nie my eie ene he nie - maar ek moet eerlik wees dat ek meer as ‘n slukkie van die lekker bier gehad het ;-) Bygese die Crowne Plaza het ‘n verskeidenheid uitstaande restourante maar ons het 2 x $20 vir $40 Grab One vouchers vir Fresh Restourant by die Marque Hotel
Ons wandel verder vir ons uiteet wat ‘n werklik besondere ete. die personeel is uitstaande - insluitende die sjefs en ons kelnerin. Ek smul aan salm en gebraaide polentaskywe met ‘n slaai en Jaco se dat sy hoender ongelooflik lekker is en dat die wyn wat hulle daarmee gepas het, die perfekte pasmaat is. Vir nagereg bestel ons ‘n proe-bord met verskillende nagereggies - soos ‘n “sticky date pudding”, ‘n piesangvla, poffertjies, karamel springmielies en wortelkoek met roomys.
Ons stap rustig terug na die hotel en bestel mocha in die atrium waar ons die atmosfeer en mekaar se geselskap geniet.
Ons geniet die oorslaap baie en dis baie lekker om na drie weke van vier (ek, Jaco, Mia en Prinses) saam in een kamer ‘n slag net twee te wees
Maar ek moet bieg, ek kry ‘n ligte aardbewing-angsaanval wat gelukkig darem weer gou weggaan maar wat my laat besef dat ek dalk nog nie so oor die storie is soos ek gedink het ek is nie.
Ek het later gehoor dat die argitek van die Crown Plaza hotel die aand van die aardbewing in die hotel geslaap het en baie beindruk was dat die hotel hom so gedra het daartydens soos wat hy beplan het. (Die argitek se vrou het hulle daar in die hotel bespreek gehad omdat hulle ‘n belangrike huweliksherdenking gevier het)
25 September
Die volgende oggend is ons al 9 uur op en aan die gang en wonder waar ons sou gaan ontbyt eet. ons kan ‘n ongelooflike lekker buffet ontbyt net daar by die Crowne Plaze eet maar nie een van ons gaan reg daaraan laat geskied nie en sou liewer ietsie ligters wou he. Na ons ‘n entjie gaan loop het en bietjie verken het is ons terug na die hotel vir ‘n oggend high-tea daar. Hulle High Teas is baie besonders en ons is baie bly oor ons keuse. Dis net moeilik om te besluit wat die hoogtepunt van die eetgoed is
Op die ou einde is ons ongeveer 12.30 uit die hotel (ons het ‘n late-check out gehad) en ons is 1 uur terug by Amber se huis om vir Mia en Grace te kry. Grace se pa help vriende uittrek uit ‘n aardbewing-huis en die idee is dat Grace by die huis afgelaai word. Die twee jonge dames het baie te vertelle - hulle het pizza gehad en cupcakes versier die vorige aand en was vanoggend na Laserstrike. Ons dink nie hulle het baie slaap gehad nie maar gelukkig vir Mia is die skoenwinkel nog oop sodat sy haar langverwagte sandale kan koop. Prinses is darem nie te verontwaardig omdat ons so lank gedraai het om by haar uit te kom nie.
26 September
Die oggend gaan ons kerk toe en vir die middag besoek ons die Womens Expo. Die organiseerders was so gaaf was om nie toegangsfooie in Christchurch te hef nie - sodat die mense van Christchurch kans te gee om ietsie te geniet met die aardbewings saam. Daar is ‘n hele paar oulike uitstallers en Mia koop ‘n “craft kit” wat eintlik gedecoupage moet word maar wat sy sommer gaan verf. Ons proe allerhande lekker goedjies en dis ‘n lekker middag
27 September
Mia het maar nog die skeidingsangs ding en gelukkig voel die na-skokke nou bietjie beter maar mens sal seker nooit regtig daaroor kom terwyl die na-skokke nog aan die gang is nie. Die ander kant is dat ek ook maar oor diei aardbewing praat en dit vryf seker ook maar af
Die weer is egter wonderlik - lieflike somerweer wat ons het
28 September
Jaco het vanaand saam met die Caughley manne gaan Lord of The Rings kyk. Ek en Mia het sommer van haar flieks soos Switserse Familie Robertson en Artistocats by die huis gekyk Dit was heel lekker. Jaco het ‘n pak tjips saam en ons het ‘n pak tjips tussen mekaar. Intussen het ek vanmiddag karamelspringmielies ook gemaak en ewe in drie sakkies gedeel - maar ons het besluit om by net een ongesonde ding te hou en sal die popcorn more eet
29 September
Mia gaan vir ‘n haresny, ons loop bietjie in Ballantynes rond waar sy craft kan doen as vakansievermaak wat hulle daar aanbied. Ek koop darem vir haar ‘n kleinigheid maar die mense daar is baie gaaf. Mia stel voor dat ons op die trem en ons klim by die Arts Centre af waar ons besluit om bietjie verkenning te doen. Ons eet ons springmielies in die Park, klim boom en verkas na die museum toe die weer begin “spit” (soos Mia se as dit lig begin reen.
Ons geniet die museum en Mia bied aan om my $2 toegangsgeld vir die Discovery Centre te betaal want sy wil nie alleen ingaan nie. Maar ek het darem vir myself betaal en dit was eintlik vet pret - dis ‘n spesiale hands-on area wat meer bedoel is vir kinders en hul gesinne.
30 September
Mia wil net ‘n dag by die huis he waar sy in haar nagklere kan rondhang - maar Grace B kry dit reg om haar darem in haar klere te kry deur haar te nooi om by haar te kom speel:-) Mia eet sommer ook daar die aand en teen die tyd wat ons vir Mia gaan haal is hul “production” aan die gang. Hulle het die hele middag geoefen, Grace het selfs vir Mia grimering aangesit. Hulle het gesing en op die trampolien gespring. Mia het Kaptein Kaptein in Afrikaans gesing en ‘n goeie applous daarvoor gekry.
Marie het vir Mia via die Jouberts wat dit weer via Fiona wat dit vanmiddag by ons uitgebring het, ‘n fraaie strepies-persentjie gestuur.
Fiona se al haar kollegas by die hospitaal vra haar wanneer maak sy die pakkie oop want almal wonder wat daarin is. Toe seg sy nee, dis nie haar pakkie nie, die Marietjie s’n. En toe se ek maar dis nie myne nie, dis Mia s’n en dis uitstekende tydsberekening want dis betyds vir Mia se verjaarsdag more. Hier is Fiona so gaaf, sy het vir Mia ‘n video gegee vir ‘n kind oor om vir hul troeteldiere te sorg wat ek ook more vir Mia kan gee.
As die kiddies verjaar en hulle is in die skool mag hulle ‘n spesiale spreekbeurt (sharing time) he waarin die verjaarsdagmaat vertel van hul groot dag. Klink my sy gaan vertel dat sy ‘n pakkie uit SA gekry het ;-) Mia se sharing time is gewoonlik op Vrydae en dis wanneer die kinders voor in die klas gaan staan en ietsie deel van hulle lewe met die res van die klas. oulik ne!
Intussen het ek koek gebak vandag - van daai lekker sjokoladekoek om more te eet.
Haar verjaarsdagkoek tema is Club Penguin want sy is nogsteeds gaande oor die rekenaarspeletjie, Club Penguin. Ons het ‘n 2 jaar gelede vir haar ‘n igloo koek gemaak (die pikkewyne in Club Penguin bly in igloos). Jaco het die igloo aanmekaar gesit. Laasjaar het sy ‘n nommer 8 koek gehad met ysvlokkies en wit versierings op omdat sy ‘n sneeutema wou he. (Sy het die koek help versiers). … Hierdie jaar het sy ‘n puffel-koek. Die pikkewyne van Club Penguin het troetel puffels en vandaar ‘n puffel. Die keer het sy my gehelp om die koek te bak en haar pa ‘n drukkie gegee wat die koek so mooi versier het.
Dit is nou al amper 11 uur nm en sy was netnou hier in om te se sy is dors. Ek dink sy sukkel om te slaap tussen die excitement deur. More gaan sy vir elke klasmaat ‘n klein boksie smarties vat skool toe. ek wil nog die eetkamertafel mooi leeg maak en ‘n skoon tafeldoek oorsit en haar pakkies moet verpak word. Vrydag se storie is maar klein - sy en 2 of 3 maats gaan saam kuier vir etenstyd. haar beste maatjie kom dan hier oorslaap
2 Junie
Veels geluk met jou 9de verjaarsdag Mia! Laaste jaar van enkelgetal oud wees
Mia is erg beindruk met Marie se vreeslike oulike persent en het dit eerste oopgemaak. lSy was eers versigtig om nie die papier te skeur nie en toe sy hom oop gehad het, het sy “WOW” uitgeroep en als bewonder. Haar maatjie het haar vanoggend voor skool gebel om te vra wat sy gekry het. Sy seg toe heel eerste dat sy ‘n pakkie uit “South-Africa” gekry het met ‘n boek, penne, stickers, ‘n notaboekie, ‘n pennesakkie en ‘n cupcake-sepie. Die maatjie kon nie glo al die goed het uit SA gekom nie.
Deel van haar verjaarsdagtreat was dat sy na Smiggles, ‘n skryfbehoeftewinkel was vandag en ons was by nog ‘n winkel aangegaan waar sy pienk materiaalrosies gekoop het - seker was sy begeesterd deur die oulike goedjies in jou pakkie.
sy is baie lief vir crafts - ek kan altyd uitkyk vir karton hier.
haar groot persent is om in die Julievakansie ‘n sleepover by die Antartiese Sentrum te he wanneer hulle dit reel saam met die Kidsfest wat hier gebeur.
Ons eet vanaand haar gunsteling kos (soetsuur vark en vir poeding self-saucing chocolate poeding.)
Ek kan nie glo sy word 9 nie - die tyd het so verbygevlieg. Oor 9 jaar is sy 18!
Hierdie blog is stukkies onthou vir my maar ‘n vriendin in SA vertel sy het so ‘n oulike boek gekry vir haar dogter en ek is sommer lus om die voorblad en agterblad te kopieer en vir Mia ook so ‘n oulike boek te maak:
Meisiekind
Ek skryf vir jou hierin
klein stukkies onthou…
resepte van jou
gunsteling eetgoed,
maar ook ‘n paar goed
wat ek graag met jou wil deel….
liefhe-goed,lag-goed, eina-goed,
onthou-goed….
omdat jy vir my baie kosbaar is.
Vul dit aan met jou eie treffers.
Jy is baie spesiaal!!!
EN agterop-ook gelaminate
Meisiekind
Ek kyk na jou
en sien kleintyd drome in jou oe
voel kleintyd arms om my nek
en hoor jou fluisterstemmetjie as jy vaak nagse
Nou is jy al groot en self al vrou
jy het al ‘n entjie op die lewe se pad gestap
en of jy voetseer of bly uitbundig is
wil ek vir jou se
waar hierdie ma se liefde le:
in jou lag en jou seerkry
in jou twyfel en jou weet
in jou ja en jou nee
in jou skeeftrap en jou regtrap
in jou liefde en jou leeg voel
in jou naby wees en jou weggaan
EK WIL JOU NET LIEFHE-Onbevange, onbeheeersd, ononderhandelbaar, onbeskaamd,ongetwyfeld, gods-genadig want ek is jou ma!!!
3 Junie
Vanoggend was ek by ‘n kursus by Northcity wat nogal oor kinderpartytjies gegaan het. Ek het aanvanklik gedink ‘n “party pack” gaan onnodig wees en ek wou vir elkeen net ‘n klein versierde sjokoladekoek ingepak het maar na vandag se inspirasie is daar vanaand mooi boksies gepak met vir elkeen ‘n skoenlapper-geskenkie, ‘n ingevoerde (van Suid-Afrika) Fizzer, ‘n tuisgebakte shortbread koekie, ‘n Mars bar, ‘n sakkie neute, ‘n sakkie vrugelekkertjies en ek nog iets wat ek van vergeet het.
Ek het die miniatuur sjokoladekoekies gebak in skoongemaakte salmblikkies wat die fraaiste koekies gebak het. ek het die koekies elkeen met gesmelte sjokolade versier en Jaco het die oulikste puffel gesiggies in karamel gespuit. Maar die verjaarsdagkersies gaan op hulle wees en hulle kan daarvan eet as die sjokolademousse en roomys vir poeding nie genoeg was nie.
4 Junie
‘n Baie besige dag!
Ek gaan vir oefeninge wat deel uitmaakvan die Healthy Lifestyle kursus wat ek bywoon. Vandaar gaan ek saam met Raewyn na Angelique, ‘n gemeenskaplike vriendin, wat laasweek ‘n baba ryker geword het om die nuwe baba te ontmoet
Raewyn laai my af by Jaco se werk, sodat ons saam skool toe kan gaan om vir Mia en Brenda op te tel. Brenda bly ver en kom saam met Mia van die skool af en speel met Mia hier tot ons na die pizza buffet gaan om Mia se verjaarsdag daar te vier met 3 vriendinne -Grace B, Natasha en Brenda - na Pizza Hut gaan vir onbeperkte pizza en poeding kry. Onsself is nie so mal oor die pizza nie en het Italiaanse pizza vir onsself na die tyd gaan kry, maar vir die kiddies is dit baie lekker.
Die koek is nie so vreeslik fensie nie - dis maar net ‘n sjokoladekoek wat versier is met ‘n patroon van karamel en smarties en dan was daar kleiner individuele koekies wat in salmblikkie gebak is vir elke gas. Maar ek het my so gevies vir Brenda (een van Mia se klasmaats) dat die pret uit vandag se verjaarsdag was.
Met die wat sy saam met Mia van die skool afgekom het het dinge bietjie rof gegaan. Ek het die idee gekry dat al is die gas sy 9 jaar oud, sy bietjie soos ‘n 2 jarige was en die 2 1/2 ure voor die partytjie het soos ‘n ewigheid gevoel. Ag sy het my so vies gehad - sy gooi als uit, sy bad een van Mia se poppies in water dat die hare van die poppie nooit meer dieselfde gaan wees nie. en in die proses het sy amper die badkamer geflood. Mia se blikkie vol penne wat sy Woensdag gekry het, het sy kwansuis per ongeluk laat val. Mia het een persent van SA gekry van ‘n vriendin van my waarop sy baie trots is omdat dit van so ver gekom het. Die vriendin het ‘n plakboek met stickers en mooi goedjies gestuur sodat sy kan scrapbook en die stickers daarin plak. Brenda het het sommer Mia se nuwe geskenk stickers ook begin gebruik. ek wou net die stickers wegvat want dit is spesiaal van ver gestuur van ‘n spesiale tannie, vir die scrapbook wat gemaak moet word. Mia se toe die Brenda mag twee stickers kry. later het die kind rof gespeel met Mia se goed en dit het vir my begin lyk of sy sommer haar goed wil breek - en ek het my poppe uit die kot gegooi en was kwaai met die kind en wou amper nie meer self saamgegaan het na die pizza restourant nie. Die koek is saam maar ons het nie eers die verjaarsdagkoek-kersieblaas ding gedoen by die restourant nie!
Tog is die belangrikste dat Mia ‘n lekker aand gehad het en sy, Natasha, Brenda en Grace het by Pizza Hut restourant het t gelyk of hulle dit baie geniet het. Ons 2 grootmense het later pizza vir ons by ‘n Italiaanse plek gaan kry want dis meer die soort pizza waarvan ons hou
Grace B het die aand hier oorgeslaap en dit was ‘n groot treffer. Hulle het ‘n hut in die sitkamer voor die kaggel gemaak en daar geslaap.
6 Junie
By die kerk is daar vir Mia gesing en na die tyd het ons vir haar en haar groter maatjie, Grace C na Wagamama geneem vir middagete daar.
7 Junie
Queens Birthday vakansiedag. ons het nie veel gedoen nie maar dit was lekker om in die huis te kon bly want die weer is maar grimmig daar buite. Gister het ek op Mia se versoek karringmelkbeskuit gebak en die huis ruik vreeslik lekker nou van karringmelkbeskuit.
9 Junie
Kuier met Elsa en Su - dis so lekker!
Ons het kwaai reen gehad vir 10 dae lank, tot gister (Dinsdag). Van vandag (Woensdag) was daar weer welkome son. die buuroom het kom vertel dat Prinses (wat gewoonlik elke dag by hulle gaan kuier) vir die hele tyd wat dit gereen het, nie na hulle gegaan het nie maar dat sy op vandag sommer 5 keer by hulle was
11 Junie
Ek gaan Vrydae na die Healthy Lifestyle kursus by Northcity kerk en geniet dit baie. Vandag was die topic “You are worth it” wat oa oor selfbeeld en dinge gaan. Amper kon ek nie vanoggend gaan nie want Jaco is so dierbaar om van sy werk af te ry om my by die huis op te laai en by die kerk te gaan aflaai. Vandag helaas het iemand hom vasparkeer maar teen die tyd wat hy ‘n rukkie weer uitgegaan het, was die kar weg en het hy gery om my te kom haal. Ek het so bietjie van die oefeninge gemis maar darem nie te veel nie. Daarna het Jaco my kom oplaai by Northcity maar voor dit het ons gou in hul opshop rondgesnuffel. Daar die oulikste glase gekry vir die Dom Pedro wat ons nog wil maak vir ‘n foto - kan jy glo, 50c ‘n glas! wat ‘n bargain. Bygese, die glase was vreeslik vuil en stowwerig en het nie na veel gelyk nie maar ek het dit nou gewas en dit is skitterblink en mag kristal wees. Die randjies is baie fyn. in elk geval nou is ons op ‘n soektog vir ‘n lekker dik strooitjie wat halfpad deur gesny moet word om in die glas te pas. daarvoor is ons McDonalds toe waar ons ‘n shake gedeel het en ‘n ekstra strootjie of twee huis toe gebring het. Of die strootjie dik genoeg is sal ons nog sien. Ons het vet pret met die webbladsy van ons
Ek het so halfdrie weer skooltoe geloop om vir Mia te kry. net om by haar te hoor dat sy en haar maatjie gaan saamspeel by die maatjie se huis maar gelukkig het ons almal darem saamgeloop tot hulle my gegroet het en ek het Mia se tas huis toe kon bring. Sy het daar gebly vir aandete en ‘n video en vanaand slaap Mia in die sitkamer - die kaggel is aan en dis soms haar naweek treat.
Prinses die kat, is besig om ons behoorlik te manage. Sy het nou haar stem kom dik maak vir nog ‘n happie kos en dan stap sy so ewe netjeis voor mens uit om te wys wat die behoefte is. en dan is daar nog kos in die bakkie (maar ek dink sy wil net seker maak dat hy vol genoeg is vir oornag).
22 Junie
Jaco is vanaand uit saam met kollegas om te eet by ‘n Italiaanse pizzaplek - een van hul kollegas van Engeland is hier en hy vat hulle team uit om dankie te se vir ‘n website waarmee hy gelukkig is
Mia gaan mos Girls Brigade toe op Dinsdae. Met die wat Jaco uitgaan het ek en sy laat vanmiddag ‘n cheap take-away pizza gaan kry om te deel naby ons - op Dinsdae is hulle nog goedkoper as gewoonlik en dis seker nie eers 10 minute se stap van ons af nie.
Daarna het Jaco van die werk gekom om haar en maatjie by die Girls Brigade te gaan aflaai en ons 2 gaan drink gewoonlik koffie as Mia by die Girls Brigade is. Maar vanaand het ons bietjie minder tyd gehad want hy moes waai voor hy vir Mia kon gaan haal (die maatjie se pa het Mia weer hier kom aflaai). Tog het ons ‘n koffietjie gehad - sommer lughawe toe gegaan daarvoor. Dit was nou heel lekker en het lekker teruggeedink aan ons gaste wat al daar aangekom het
Ons is terug huis toe waar Jaco die vuur verder gestook het en toe weg is. Mia is kort daarna by die huis afgelewer en nou het ons ‘n rustige aandjie tuis. sy dink die oulikste crafts en goed uit - sy het netnou ‘n skipad uit papier gemaak, ‘n albaster onder hom gesit en dan lyk dit kompleet of dit loop.
Mia is vreeslik kreatief - sy lees boeke en maak dan goed uit die boeke uit of uit haar kop uit soos die inspirasie haar pak. bv by die kerk se Sondagskool maak hulle dikwels craftgoedjies. sy het Sondag die fraaiste halsnoer gemaak in die vorm van ‘n hartjie - en dit met strootjies en wol en ‘n klokkie. Dit is so cute en hang nou in my kamer. Vanaand by die Girls Brigade het sy ‘n katmasker gemaak wat met ‘n strootjie vasgehou word - vreeslik cute. Sy het hare geel ingekleur en was nogal heel upset dat die blink papier met die goue kant na bo wat die goue kroon moet uitmaak, verkeerd om geplak is dat die kroon silwer is. een van die mammas het die kinders gehelp plak en ek weet nie of daar dalk iets fout geloop het nie. gelukkig was dit net effentjies met doublesided tape geplak en kon Mia dit loswikkel om dit om te draai en nou het die geel kat ‘n goue kroon op die kop. Eek neem deesdae hopeloos te min van die goed wat sy maak af. Laasweek het sy van iewers ‘n prent afgeteken wat sy ingekleur en uitgeknip het en so geplak het dat dit nou soos ‘n mallemeule lyk en regop staan. Sy is dol oor origami (papiervou) en is ‘n regte boffin daarmee.
Ons is baie trots op haar met haar talent. Sy het laasjaar craftklasse en verfklasse geloop maar doen dit nie die jaar nie. Sy doen darem baie goed by die huis sommer uit haar kop en uit boeke uit - hoe sy ook al geinspireer word. Die huis is gewoonlik deurmekaar want sy werk orals maar sy is gelukkig en geniet wat sy doen en ons is meeste van die tyd baie laid-back.
‘n Paar van haar kunswerke waaraan ek nou dink wat sy laasjaar gemaak het was ‘n lang pers prent gemaak van voels wat sy geverf het en soort van vernis het dat dit soos teels lyk. Sy het dit by ‘n craftklas gedoen waar sy ook met die vryehand ‘n prent van Prinses in ‘n papierbord geverf het wat baie mooi gekom het.
Sy was ook by ‘n verfklas waar sy goed soos ‘n kat en ‘n aarbeie-stillewe geverf het en nog ander mooi goed. Sy het egter gevoel die onderwyser het te veel gehelp deur te wys hoe om te verf en doen dit nie meer nie.
In ‘n vakansie was sy weer by ‘n verfklas by ‘n kunstenaar waar die hulle na haar tuin geneem het en hulle daar inspirasie gekry het. Sy het ‘n fraaie pienk blom daar gedoen wat vir my so mooi is dat ek dit laat lamineer het
Op die oomblik is Mia en Jaco besig met ‘n projek en dit is om ‘n gemmerkoekhuisie-kit wat ons na Kersfees op die kersverkoping gekoop het, te versier vir ons midwinter-Kersfees. Is so koud nou dat mens maar fees hou dat die dae langer word van gister af. Is gemmerkoekhuisie panele wat aanmekaar vasgegom word met icing sugar om ‘n huisie te word.
ons moedig haar maar aan met haar kuns Marie - vir haar geskenkies is daar maar hoofsaaklik kunsbehoeftes. Jaco is self baie kunstig en verstaan haar nogal goed. sy is ook baie goed met origami vou - sy was ‘n keer by ‘n bymekaarkoms maar was nog nie weer lus om te gaan nie want ek dink sy het nie so baie van die opset daai dag gehou nie
Sy is so ‘n oulike meisiekind - regtig met tye so volwasse. een van die dogters in haar klas is regtig lelik met haar en twee van Mia se maatjies (dis nou al iets wat van lankal kom). nou die huidige skryfbehoefte mode-item van die dag is Smiggles - hulle goed is als bypassend. Mia het ‘n potlood en ‘n sker van die reeks by die huis - nie by die skool ine. Die kind se vir haar nou in Engels “ek het tog meer smiggles as jy” en dan antwoord Mia met ‘n “ja maar Grace het meer as wat jy het” (Grace is nou Mia se beste maatjie en ook ‘n kind wat die bepaalde boelie nie van hou nie). altyd reg met ‘n goeie antwoord. dit is vir my egter sleg om te hoor wat die kind als vir Mia se en tussen my of Jaco moet ons die storie nog opneem met die hoof of die onderwyser. die kind se regtig lelike goed vir haar maar daar is altyd twee kante van ‘n saak en ek weet nie wat die kind se storie is nie. ek vermoed die kind het ‘n selfbeeldissue
Met die wat Jaco uit was het ek en Mia ‘n heel lekker aand gehad en lekker gesels oor goeters en dinge. Ek het vir haar een van die min goed wat ek van my pa het - ‘n kosbare boek wat in leergebind is - laat hanteer en sy was so gentle daarmee en het die boek so , daaroor gestreel en behoorlik bekyk naar toe vir my gese ek moet dit bere sy is bang sy maak die boek seer. Toe help ek haar dat sy dit self op die boekrak terugsit en sy het soveel waardering vir die boek
Ek het my deel van die pizza gehad en daar wil sy ewe weet of ek nie nog ‘n stukkie wil he nie van haar deel nie - so bedagsaam. Sy is regtig ‘n juweel.
29 Junie
Ek is siek met ‘n ding en was vandag en gister maar meestal in die bed besig om ‘n enorme hoeveelheid tissues te gebruik. Dalk is dit man-flu Ongelukkig het ek en Jaco dit altwee.
Ons was na Hagley Park om die herfsblare te bewonder en het Prinses, die kat aan haar leash saamgevat - dit was te cute om haar die park te sien geniet. Ek glo Prinses het die ekskursie meeste van die tyd geniet - sy het op die herfsblare geloop, die eendjies op die dam gesien, ek het haar in ‘n boom laat inklim waarin ek in die warm water was want dis was nie so maklik om haar uit die boom te kry nie en sy het uit haar leash begin klim. O ja en ‘n hondjie het vir haar geblaf en die eende het vir haar gelag
Nota aan self - moenie dat Prinses weer boomklim as sy in ‘n park in haar harnassie is nie.
Prinses hou van kort entjies karry en geniet dit vreeslik om in die wintersonnetjie in die kar te le. As sy saamgaan bly sy gewoonlik in die kar want ons is maar bang sy raak weg of iets maar vandag het sy ‘n regte avontuur gehad (op my aandrang). Bygese, Prinses gesels ook lekker saam oor goed en sy is ‘n baie sosiale kat en is amper vir Mia soos ‘n sussie.
2 Mei
Die Afrikaanse dominee het vandag in ons (Kiwi) kerk ‘n baie aangrypende preek gelewer.
Ds Tienie het ‘n wonderlike getuienis wat hy gedeel het sowel as die resultate van die studies wat hy gedoen het onder immigrante gedeel. Ons het ‘n gesang in Engels en Afrikaans gesing en Mia het die Afrikaanse groet gelees.
Phil (ons dominee) stel baie belang in immigrante en hul ervaring en betrokkenheid in Kiwikerke. Tienie het dit ook mooi gestel dat hulle nie Afrikaanse lidmate wil afrokkel wat reeds in kerke is nie maar dat hulle dikwels ‘n tuiste is vir nuwe aankomelinge
Dit was ‘n werklik geseende diens en daarna het ons, die Markgraafs en Ds Tienie en Monica by Phil (ons predikant) gaan eet en kuier en gesmul aan die lekker kos
4 Mei
Ek is dankbaar ek is ‘n SAHM (tuisblyma) maar die ander kant daarvan is dat ons geldsake nie rosig is nie. Op die oomblik voel ek “unemployable” en dis nie goed vir mens se selfbeeld nie. Jaco is een in ‘n duisend en hy werk na-ure by die huis om ‘n ekstra inkomste te verdien. Jaco is ‘n engel en ek is baie dankbaar hy is in my lewe. Op die oomblik gaan dit nie baie goed met die besigheid nie maar ons glo dat dinge gaan draai en beter word.
7 Mei
Ek was stomgeslaan toe ‘n Kiwi oom wie ons ken (hy is mal oor Afrikaners, is ‘n kenner op die Boereoorlog en praat selfs bietjie Afrikaans) hier aankom. Ons noem hom Oom Bob. Hy het 3 bokse boeke gebring. Die boeke het hy by ‘n veiling gekoop en is als Afrikaanse boeke. (Hy se hy het dit vir ‘n appel en ‘n ei gekry en aan my gedink) Daar is vreeslike mooi boeke en ek moet dit uitsorteer, hou wat ek wil hou, vir die bib boeke gee (oues om te verkoop en as daar boeke is wat nuut genoeg is kan dit dalk in die biblioteekversameling opgeneem word). Ek is meer lus om boek te lees as iets anders. Maar nou sorteer ek bietjie die boeke uit. Die gawe omie se hy sal gelukkig wees met ‘n melktert om dankie te se.
Die dominee van die ACK het op 2 Mei by ons kerk kom preek in Engels en dit was heel lekker gewees. Phil, ons dominee stel baie in immigrante en sake belang
8 Mei
Die naweek het ons uitgespan by Glenroy saam met ‘n vriendin van ons kerk. Dit was so heerlik. Mia se nog steeds dat sy wens die naweek was ‘n dag langer. Ons het almal vir ons eie etes gesorg en ons het baie maklike goedjies ingepak. Die kombuis daar is egter baie volledig ingerig en het selfs ‘n skottelgoedwasser. Maar ons klompie het meeste van die tyd voor die kaggel gesit en boeklees en gekuier
10 Mei
Vir moedersdag het ek die mooiste handgemaakte Mia-kaartjie gekry wat soos ‘n skoenlapper lyk - dis werklik pragtig en baie besonders. Ek is geseend om so ‘n oulike meisiekind te he!
14 Mei
Vrydag was ‘n baie lekker dag gewees - ek woon nou fiksheidsklasse by en ‘n Healthy Lifestyle kursus by. My vriendin Fiona G het kom inloer net voor ek weg is. Sy bied toe aan om my te vat en ek het haar arm gedraai om saam oefeninge te doen - was regtig pret. Die aand het ek saam met haar en ‘n vriend ‘n play “Blame it on the Menopause” van die Riccarton Players gaan kyk en dit was baie snaaks.
16 Mei
Gister en vandag na kerk, het ons gewerskaf om orde te skep hier. ek kan jou verseker dis ‘n vreeslike groot werk en ons probeer sommer uitsorteer ook. Mia het nie baie klere nie maar haar kaste loop oor want daar is klere in haar kas wat hopeloos te klein is. Sy word op 2 Junie 9 en daar was nog klere vir oa 4 jariges in haar kas wat lankal nie meer pas nie. Jaco het die uitgooi geinisieer en is met 2 groot sakke weg wat in ‘n klere recycle bin gegooi is.
18 Mei
Siestog Mia het een of ander “bug” onder lede. Sy word nie gewoonlik naar of so nie maar op Maandagoggend 1 uur het sy ons kom wakker maak omdat sy sleg gevoel het - die naarheid het haar in ons kamer oorval en sy was sleg siek gewees. Jaco (wat ook nie lekker gevoel het nie en tot laat besig was om my te help huis skoonmaak omdat ons vandag ‘n huisinspeksie sou he) het opgestaan, als skoongemaak en ek moes net vir Mia uitsorteer met die bad en troos en so aan. Ons het omtrent 3 uur weer gaan slaap (darem eers na ‘n koppie tee). Nodeloos om te se - Jaco is ‘n engel
Dit maak dat ons vandag jet legged voel en ek nog ander goed het wat gedoen moet word. Mia is vandag by die huis is is regtig siek met ‘n hoe koors en duiseligheid en “ringing” in haar ore ek en die nurse is op die lyn met mekaar. Die huis lyk nie soos hy moet lyk vir more se huisinspeksie nie, aan die onkruid is daar nog nie gevat nie maar gelukkig voel sy beter.
19 Mei
Ek het gespark om die huis inspeksiebaar te kry - en toe kom die dame van die huuragentskap nie. Nou blyk dit dat ek die brief verkeerd gelees het - die inspeksie is volgende Woensdag. Nou ja toe, hoop maar die huis bly so aan die kant. Ons het darem nou kans om bietjie onkruid uit te trek. Die huisinspeksie word mos maar gedoen omdat ons huur
21 Mei
Mia is nogsteeds siek aandie nare virus. Die dokter het haar afgeboek maar sy wou vandag skool toe gaan vir ‘n slum simulation wat hulle daar gehou het. So sy was skool toe vir 2 ure vandag
22 Mei
Gaan ek alleen na die Steve konsert wat die mense van Safari meats reel by die Burnside skool. Ek geniet die meeste van die konsert en ek dink meeste mense daar het dit baie geniet. Ek dink ook dat daar mense is tot wie hy nie sou spreek nie. Hy het op ‘n stadium bietjie politiek gepraat en omdat ek baie news 24 lees en op die Afrikaanse kletsgroepe is, het ek verstaan wat hy se omdat hy oor hedendaagse politiese figure soos Malema gepraat het. Daar het ‘n Engelsrige man naby my gese wat ek gehoor mompel het dat hy nie ongemaklik voel met wat gese is Steve het ook gese dat 5 jaar terug toe hy hier was, mense wat hier woon hulself verontskuldig het omdat hulle geemigreer het maar dat hy vir mense nou 5 jaar later wil se dat hulle die regte ding gedoen het want hy sien nie ‘n toekoms vir sy kinders daar nie.
23 Mei
Mia is nog aan’t gesond word - ek sal haar net moet voer - die poppie is alklaar so maer en nou is sy sowaar nog maerder na als
26 Mei
Huisinspeksie! Sommer niks lekker vir my nie en Elsa en Su het sommer hierheen gekom omdat dit makliker is vir my maar - wel minstens het hulle darem in ‘n aan die kant huis gekuier
28 Mei
dis vreeslik koud hier - Mia wens vir sneeu! Ek het darem vanoggend oefeninge gedoen wat my bietjie opgewarm het. Mia het eers laat huis toe gekom omdat sy by ‘n maatjei gaan kuier het
29 Mei
Ons kuier en eet baie lekker by Hannie en Frik - hulle is so gasvry en dis altyd so gesellig daar
27 Mei
Op Donderdag het ek weer begin om ‘n Simply Cooking kursus.
Vandag die laaste skryfkursus gehad. Een van die dames in die klas het geld bymekaar gemaak en die mooiste persentjies vir ons dosent gekoop. Ek het byna ‘n paniekaanval gehad toe ek iets van myself moes voorlees - maar gelukkig het die dosent sommer namens my ietsie van my voorgelees. Van die mense gaan aan met die kursus en ek glo dat dit baie lekker gaan wees maar hierdie gevoorlesery van mens se eie skryfwerk is vir my bietjie scary
Daarmee saam het Mia se skool het vandag gesluit en nou is dit amptelik vakansie. Nie dat ons veel beplan nie maar nogtans - Mia is baie goed daarmee om haarself besig te hou
Ons het die vanaand gebraai - vleisie en kaas-tamatie en uie broodjies. ek hou nie van rou uie nie en het die uie eers bietjie gebraai. Daarmee saam was daar tuisgekookte perskeblatjang van ons boom af - lekker!
2 April
Goeie Vrydag. Na kerk is ons maar rustig tuis.
3 April
Mia speel oa Mathletics (waarvoor sy by haar skool ingeteken is) en sy was vanaand nr 73 in NZ vir gister- elke dag word die kinders se punte bereken
4 April
Geseende Paasfees! Ons paasfeeslekkerny vanjaar is appelkooskaastert en die tert se boonste lyk nogal soos gebakte eiers. Ek dink nogal aan Cornelia, my suster as ek die tert eet want dit is haar gunsteling. Haar verjaarsdageetgoed-menu het altyd ingesluit appelkoostert, sjokoladekoek en souttert
7 April
Mia is ‘n regte huishen en geniet dit om skeppings en goete te maak - daarom kom ons pleks van by Su se huis, vandag by my huis bymekaar vir Bybelstudie.
8 April
Dit help dat sy ‘n huishen is, want ons ry maar die vakansie ook met Jan Tuisbly se karretjie. Ons speel darem soms ons is toeriste ook in ons mooi dorp. Vandag was ek en sy na Willowbank, ‘n natuurpark-plek hier naby waar daar oa kiwi voels is. Die ander dag was sy saam met maatjies daar met ‘n verjaarsdagpartytjie. Baie mooi plek met ‘n plaaswerf, mooi natuurskoon, besonderse diere. Op een plek het hulle selfs donkieritte aangebied - maar die ritte is net bedoel vir kleintjies. in hul groep was net sy kort genoeg om op die donkie te ry maar dit sou nie reg wees as sy gery het as niemand anders kon ry nie so sy het nie gery nie. In elk geval, ek en sy het vandag spesiaal soontoe gegaan sodat sy kon gaan ry het. Ons twee het die ekskursie nou baie geniet.
10 April
Omdat ons plaaslike mense is, het ons ‘n jaarkaartjie gekoop vir 2 besienswaardighede inn Christchurch- een is vir die kabelkarrtjierit wat die gondola genoem word vanwaar mens ‘n pragtige uitsig het. die gesinskaartjie is bedoel vir 2 grootmense en 3 kinders. Dit lyk anders verskillende seisoene van daar bo af en ons hou daarvan om net vir die lekker soontoe te gaan. Op ‘n bewolkte dag sal ons soontoe gaan sodat Mia wolke kan vang maar vandag was ‘n pragtige helder dag met ‘n pragtige uitsig aan die een kant oor die hawe en aan die ander kant oor die stad en strande. Vandag het ons ‘n maatjie vir Mia saamgevat en die twee girls het dit nou geniet want haar maatjie was nog nie daar gewees nie en Mia het toergids gespeel.
14 April
Ek gaan help Sunande saadbeskuit bak by haar huis
Grace C slaap vanaand oor by Mia en dit lyk of die meisies dit baie geniet. Ons het wafels en roomys vir poeding gehad, hulle het Club Penguin rekenaarspeletjies gespeel en nou bad hulle in borrelbad by kerslig voor hulle bed toe gaan met boeke om te lees. aldrie meisies slaap vanaand in die gastekamer - Mia is een meisie en Prinses die kat is die derde meisie.
16 April
Die nuwe kwartaal le voor en Mia moet nuwe skoolskoene kry. Ek skrik eers want dit kan maar ‘n duur storie uitdraai, want Mia het slanke fyn voetjies wat nie goedkoop is om te beskoen nie. Maar wat ‘n gawe verassing! Die skoene kos $115 maar ons kry ‘n volle $87 lojaliteitsafslag omdat dit die tiende paar skoene in ‘n paar jaar se periode is wat sy by In Step skoenwinkel koop
19 April
Skool begin!
20 April
Drink koffie by McDonalds en verkyk ons daaraan dat hulle koffie sommer deur ‘n masjien gemaak word - dieselfde soort koffie wat baristas per hand en met baie sorg gewoonlik maak. Dalk omdat ons die masjien gesien het, glo ons dat die koffie nie dieselfde lekker smaak het as handgemaakte koffie nie
23 April
Mia is genooi na Grace B se sleepover verjaarsdagpartytjie. Sy geniet dit baie
27 April
Vind daar ‘n paneelbespreking plaas by die skool, ivm die nuwe middelskool wat hulle beplan om mee te begin. Jaco uitsteding en ek wil nie uitmis nie - so ek en Mia gaan na sy by die Girls Brigade was, sommer soontoe ook. Dit raak nogal ‘n lang aand vir haar
Is ‘n groot dag vir ons, want dis ons 13e huweliksherdenking
Jaco het verlof gevat vir die dag, hy het vir Mia gaan aflaai by die skool en kort daarna is ons twee stad toe waar ons lekker rondgeloop het. Ons het allerhande opsies oorweeg soos punting on the Avon, maar op die ou einde besluit om die okkasie te vier met pizza. Dit is maar effe bewolk en ek was bang ons reen nat - ook maar ‘n nat vadoek ekke ;-) Die hoogtepunt van die dag was ons middagete wat ons by die Mediterranean Caffe and Pizzeria gaan eet het. Volgens ons is die lekkerste pizzas in die dorp daar te kry - hulle het sulke lekker dun basisse en word met eg-Italiaanse produkte gemaak (wat hulle ook verkoop) deur hul oofsaaklik Italiaanse personeel. Ons het ‘n klein botteltjie vonkelwyn vir die okkasie gedeel en toe die dame hoor ons vier ‘n spesiale geleentheid, het sy vir ons elkeen die heerlikste koekie gegee en gese sy wens sy lyk ook so gelukkig met haar man as hulle 13 jaar getroud is. Ek raak net elke dag liewer vir Jaco en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos uit
Daarna het ons gaan rondloop in Foragers waar ek die mooi ou porselein bewonder het voor ons vir Mia by die skool gaan kry het.
Mia het ‘n “obstacle course” in die agterplaas gemaak met goed wat sy in die garage gevind het en dit was so oulik om haar en haar kat so aan die gang te sien daarmee.
Vir vanaand het Jaco lekker gebakte hoender gemaak - njam. Ek het vir nagereg zabaglione gemaak.
3 Maart
Hou Bybelstudie saam met Elsa, Sue en Cecile. Daarna het ek ‘n reeling met Jean gemaak om saam met my, Sue en Elsa te gaan koffie drink. Ons het vreeslik lekker gekuier.
4 Maart
‘n Vol maar baie lekker dag.
Vir die oggend gaan ek na die Kruievereniging se vergadering en hulle bespreek borage (ek dink dis Komkommerkruid in Afrikaans). Baie gawe mense en almal het een of ander gereg gebring waaraan ons gesmul het.
Jaco is ‘n amazing chauffeur - hy het my kom haal en na die vergadering by Avice Hill geneem, my weer daar kom haal. My vir die weeklikse koffie gevat by Cafe Crisp (wat naby die uni is) en my weer by die universiteit afgelaai vir die kursus wat ek daar bywoon
5 Maart
Nog ‘n gesellige dag. Die adres en telefoonlyste van die kerk moet in boekievorm gemaak word en hulle het ekstra hande nodig. Ek is een van ‘n paar mense wat help maar ons gesels en kuier lekker saam dat die jobbie sommer vinnig-vinnig klaar is.
Mia is dol oor krale ryg en sy maak sulke oulike vorms met die draad waarop sy dit ryg. Sy buig dit in blommetjies en allerhande vorms en party werk en ander het nog werk nodig maar dis so oulik dat sy so kreatief is.
6 Maart
Mia het Vrydagaand (gisteraand) en vanaand (Saterdagaand) in die sitkamer geslaap op een bank in ‘n slaapsak en Prinses het op die ander bank geslaap op ‘n slaapsak. Saterdag het ons vir haar ‘n skoolrok gaan koop want haar skoolrok se zip het totaal ingekonk. Daarna is ons stad toe, het selfs op die tram gery. Saterdagaand het ons weer terugezirt na die stad om lanterfees te kyk - die plan was om ietsie vir poeding te koop maar daar was so baie mense dat ons sommer by die supermark koekies, malvalekkers en sjokolade gekoop het en Mia het vir ons in die mikrogolfoond marshmallow en sjokolade op die koekies gesmelt. was baie lekker
7 Maart
Sondagoggend was ons kerk toe en Mia is na die Sondagskoolpiekniek waar ons haar so net na halftwee opgetel het sodat sy na die Origami vereniging kon gaan waar sy origami gevou het. Sy is baie talentvol met die origami vou. Jaco het ons vir koek gevat by die bessieplaas en ons het uiteindelik huis toe gekom. Prinses het besluit om in die spaarkamer te slaap vir die aand en toe ek haar slaapsak vir haar vat het dit kompleet geklink of sy dankie gemiaau het
11 Maart
Vandag is dit koud. Ons het nou reen gehad en Mia het vir na-skool pannekoek bestel (sy glo ook mens moet pannekoek eet as dit reen).
Ons het vanaand so lekker geeet. ons het hoender geeet wat in ‘n sojasous mengsel gemarineer was en vir poeding het ek ‘n soort appeltert met ‘n jogurtsous gemaak. iemand wat ons rainbowcooking website lees het gevra vir so iets en ek het dit nie geken nie en nou so ‘n soort resep probeer wat baie lekker is
12 Maart
Vir Vrydagaand slaap Mia by Brenda oor, en ek en Jaco het die gap gevat om Alice in Wonderland te gaan kyk
13 Maart
Kry ek ‘n lekker pakkie van Marie wat sy uit Auckland laat aanstuur het saam met haar vriendin - sy het vir my goedjies van Woolies gestuur en Afrika-kralekersversierings. Dit was nou spesiaal om dit te kon kry
Daarna het ons gaan rondkuier by Culture Galore wat baie lekker was, en daarna is ons op die Gondola
14 Maart
Sondag het ons stokkies gedraai by die kerk en was die heel dag tuis. Jaco het vir ons ‘n hoender gebak
16 Maart
Dinsdagoggend vat ek vir Mia skool toe en gaan haal haar weer - Jaco het al vergaderings aan van 8 uur af
17 Maart
Geniet die Afrikaanse Bybelstudie sommer baie vandag!
18 Maart
Op Donderdag is die weer beter en ek gaan die middag na die skryfkursus en die aand le ek beet in. Buurman van oor die straat kom loer in met ‘n Kaapse Maleier resepteboek wat Meda vir my leen, en ek leen weer ‘n ander resepteboek vir haar - soort van ‘n resepteboekswop
20 Maart Ons kuier lekker saam met Elsa en Eddie om Elsa se 50ste verjaarsdag te vier oor ‘n laat middagete. Boonop het ons vir die eerste keer in baie jare potjiekos geeet - hulle het twee potjies gemaak - dit was heerlik geweees en ons het vingers afgeeet.
Die vriendinne het hoofsaaklik sjokoladekoeke saamgebring. Gewoonlik bak ek my sjokoladekoek in ronde koekpanne. Maar omdat ek ‘n spesiale Bundt koekpan vir my verjaarsdag laasjaar gekry het wat ek nog nie vroeer gebruik het nie, het ek die kans gebruik om hom in te wy met die sjokoladekoek. Ek dink die sjokoladekoek het langer in die Bundt pan gebak en was klein bietjie minder vogtig as gewoonlik maar dit was darem nie ‘n flop nie. Ek sal hom egter volgende keer weer in die gewone panne bak en liewer dalk ‘n bundt resep probeer vir die Bundt pan. Die versiering was gesmelte hokey-pokey sjokolade met versiersuiker en botter. Ons het die kersies gekry om saam met die koek te gaan maar D, een van haar ander vriendinne het my kersies sowaar geskaak en op haar koek gesit. Om eerlik te wees, die kersies het nogal goed by haar koek gepas so dit was darem ‘n goeie fout. Ons het ‘n baie lekker kuier gehad en dit was ‘n voorreg om die dag met Elsa te kon spandeer.
Mia en ek was baie in ons skik met al die verskillende sjokoladekoeke wat die gaste gebring het - Mia se dis ‘n tjoklitpartytjie
22 Maart
Mia is verkouerig en het tuisgebly vandag en kunswerke gemaak uit weggooigoed. Ons het ‘n heerlike dag gehad - sy het Afrikaanse CD stories geluister, deelgeneem aan die mathletics (soort van skoolwerk) op die rekenaar en haar rekenaarspeletjie gespeel, nog goed gebou , borduurwerk probeer doen - die sitkamer is mos die ateljee en ‘n hele recycling stasie op sy eie.
23 Maart
Dinsdag gaan ek hare sny - ek laat dit doen by ‘n Koreaanse vrou in die winkelsentrum naby ons - sy is baie oulik en baie goedkoop.
24 Maart
Bybelstudie die oggend en die middag gaan ek en Jaco saam na die GP toe - werk nogal goed op so ‘n manier
Een van my gesondheidsissues is dat ek ‘n hiatus hernia het - en die AB masjien wat ek het, se oefeninge was glad nie goed vir die hernia nie. In fact, ek dink ek het die hernia groter gemaak daarmee want daar was tye wat dit regtig seer was om te gebruik en ek het gedink “no pain no gain” en my nie daaraan gesteur nie
Die dokter het aanbeveel dat ek gewig verloor deur te stap met gewigte saam. Anders klink dit vir my sal ‘n threadmill ook werk en dat dit dalk ‘n plan is om so masjien te huur. Ek het ‘n video met pilatus oefeninge wat ek beplan om af te stof maar sy het gese die pilatus sal my goed doen maar dat dit nie regtig vir my gaan werk met gewigsverlies nie
Die aand is dit oueraand by die skool en Mia se onderwyseres het al die ouers toegespreek en oa vertel hoe hulle somme doen - hulle doen dit op verskillende maniere sodat hulle op verskillende maniere by die regte antwoord kan uitkom
27 Maart
Ons was vinnig by Mia se skool se garage sale en kermis. ons was bietjie laat daar en Mia het niks daar gekoop nie omdat daar niks meer was wat sy wou het nie. Ons het darem 4 bordjies bakgoed en nog goedjies geskenk wat ons aandeel was. Sy het half gewonder of sy een van die goed wat ek gebak het sou koop
Daarna was ons by ‘n Food Show / Fair op Saterdag en dit was vreeslik lekker gewees - daar was selfs ‘n “cooking theatre” waar ons ‘n lewende kosdemonstrasie deur ‘n chef gesien het. Ons het Richard Till se kookvertoning baie geniet.
31 Maart
Laaste Bybelstudie van die kwartaal en soos Mia se, vandag is dit Marching out of March vir ons Skerp poplap daai.
1 Februarie
Terug skool toe vir Mia - en ‘n stil dag vir my by die huis.
Na skool het ek haar gaan haal en sy klink heel chirpy oor haar nuwe klas en nice juffrou. Sy vertel die juffrou het hulle gevra wat die beste en slegste ding was van die vakansie. Mia se toe vir haar dat die beste ding was dat sy strand toe was. Ons was mos gister daar en die bonus vir haar was seker dat sy die 1ste, 2de en 3de Jan drie dae agtermekaar by die strand was. Sy bou mos die mooiste sandkastele saam met Jaco. Die slegste ding? Sy het my nogal erg sleg laat voel toe sy
se dat sy gese het dat die slegste ding was omdat ons nie elke Sondag in die vakansie kerk toe gegaan het nie. Ons was darem kerk toe vir al die kersdienste en was net 2 keer in Januarie by die kerk omdat die 10h30 diens waarheen ons gewoonlik gaan, opgeskort was vir Januarie en daar net ‘n 09h00 diens was wat ons ongelukkig nie altyd voor betyds was nie
Mia se hulle groep se kleur is pers en hulle kon onder mekaar besluit wie is in watter groep - sy, Grace en Brenda is van die kinders in hul groep. Ook is sy die jaar in Year 4, en hulle deel ‘n klas met Year 5 - wie baie van haar ou vriendinne is.
2 Februarie
Ek en Jaco gaan gedurende etenstyd om Mia se skryfbehoeftes te gaan koop - wat gedoen is, is immers gedoen!
4 Februarie
Vroeg op vanoggend om my hare te gaan sny. Ek laat doen dit sommer by ‘n Koreaanse meisie in die winkelsentrum naby my - sy sny oulik en vra min. Maar helaas ek het nie geweet hoe laat sy oopmaak nie en hier teen 09h40 het ek maar om die hoek gestap en by ‘n ander salon gaan regkom. Met die terugkomslag is die vroutjie sowaar in haar salon besig om hard
hare te sny - ek het nogal sleg gevoel dat ek so haastig was.
Ek loer ook by Cecile in wat onlangs ‘n boekhoubesigheid in dieselfde mall oopgemaak het. Ek het sommer daar gaan inloer om bietjie te kuier. Daar noem ek vir haar dat as sy iemand nodig het om die foon te antwoord sy gerus op my knoppie kan druk. En sowaar -more-oggend moet sy na ‘n konferensie gaan, haar man gaan vir ‘n onderhoud en
daar is niemand om die kantoor te beman nie. en sy vra my of ek kan kom help.
4 Februarie
Ek begin vandag met ‘n stokperdjie-skryfkursus vir die kwartaal wat by die Universiteit se Community Education aangebied word. Ons is so 10 in die klas en die dosent laat ons aanvanklik ‘n ysbreker doen om die ander klasmaats te leer ken. Die lesing is heel interessant en van die goed wat ek vandag geleer het was goed soos motiverings hoekom mense skryf en belangrike goed wat in ag geneem word as daar geskryf word. Ons huiswerk is om ‘n begin van ‘n storie te skryf. Barbara is ons dosent en sy het reeds ‘n paar boeke op haar kerfstok.
5 Februarie
Jaco help my met die oopsluitslag en ek het ‘n heel rustige oggend as ontvangsdame. Dit is vir my lekker om die wereld uit ‘n ander hoek te beskou in ons local winkelsentrum.
Die middag kom Jaco bietjie vroeer huis toe. Ons neem vir Prinses vir haar insentings by die veearts.
Die plan is dat ons vanaand na Stars in the Park gaan kyk waar daar oa die mooiste vuurwerke en musiek gaan wees, maar die weer is baie onvoorspelbaar en dit lyk of dit dalk in ‘n winderige aand gaan ontaard - nie ‘n aand om buite te wees nie. Ons laai vir Mia se maatjie Grace op en ry gou na ‘n winkel - Mediteranean Cafe - wat ons nog graag wil oopvang. Daarna stop ons sommer by countdown vir supermark kos -geroosterde hoender, slaai, karamellekker (G se gunsteling) en nog goed. Ons eet die kroek-aandete by die huis en Mia en G speel lekker saam tot Grace se pa haar kom haal.
6 Februarie
Jaco het ‘n bonus by die werk gekry waaroor ons baie dankbaar is, en die geld is vandag inbetaal. Die geld gaan baie gate toestop.
Om dit te vier, stap ons van die huis af om ‘n baie lekker ontbyt te gaan eet by ‘n Realty Bitees wat stapafstand van ons is. Bygese, Prinses, die kat, het probeer saamdraf en met al die palawa om haar te vang en weer toe te maak in die huis, was ons amper laat vir ontbyt wat net tot 12h00 bedien word. Ons smul behoorlik en dink dit is great om so cafe in die buurt te kan he.
Dit is ‘n pragtige dag en ons drie gaan strand toe - Mia en Jaco bou alweer ‘n meesterstuk van ‘n kasteel en ek le sommer op die sand en boeklees.
7 Feb
Kerk toe vanoggend. Daarna het Jaco lekker kos gemaak vir middagete - mash, lamstjoppies, groente ens.
Ek pas ‘n lekker middagslapie in - sommer in die sitkamer. Vir middagkoffie eet ons een van die lekkernye wat van die Mediterenean Cafe af kom - Panforte al Cioccolate van Traditionally Tuscan - ‘n Italiaanse vrugtekoek bestaande uit geglasuurde skil, amandels, meel, sjokolade,kersies, heuning en speserye. Njam - self Mia dink dit is wonderlik.
Sy het baie goeie smaak, die jonge dame
9 Feb
Trish en ek het ‘n koffieafspraak aan by haar huis, wat ‘n heel gesellige kuier word. Sy is ‘n baie merkwaardige vrou wat 3 seuns grootgemaak het na haar man jonk dood is, haar kleinkinders op deeltydse basis versorg, haar suster wat ‘n breinbesering opgedoen het, se voog is, en nog tyd het vir verskillende ander belangrike goed. Ons het albei susters met breinbeserings in gemeen en dit is vir my ‘n eye opener om te hoor dat vreemde goed wat my suster doen, nie uniek is aan haar nie maar dat dit maar algemeen gebeur onder mense met breinbeserings en dat ek dit nie persoonlik moet opneem nie. Dit beteken baie vir my en ek voel werklik die Here het op die regte tyd iemand gestuur om dit vir my te se.
Ek het sedert Desember gewag vir ‘n afspraak vanmiddag by ‘n spesialis na wie ek verwys is, en was teleurgestel toe die afspraak omtrent 2 weke terug, met nog 2 weke uitgestel is omdat hy later die dag na Australie vertrek vir ‘n konferensie. Gedurende Januarie was ek op twee verskillende kursusse antibiotika wat alweer begin uitwerk het en ek sou weer
na die GP moes gaan. Groot was die verassing toe die kantoorbestuurder 09h00 laat weet dat daar ‘n kansellasie was en dat ek vroegmiddag gehelp kan word. Einde Januarie het ek ‘n voorskrif van 5 antibiotikapilletjies gekry en nou kry ek dieselfde medikasie vir 90 dae wat hopelik al die nonsens en infeksies sal uitsorteer.
11 Feb
Nog ‘n skryfkursus dag. Ek geniet dit sommer baie en Barbara, ons dosent verduidelik dat mens jou karakter bitter goed moet ken - al skryf jy nie als van sy karakter nie, moet jy weet wat sy gunstelingkos is, hoe sy aksent klink, hoe hy lyk, hoe hy optree in verskillende situasies ens. Almal kry beurte om dit wat hulle geskryf het, voor te lees, en ek moet
bieg - die mense om my klink uiters talentvol. Ek geniet egter die kursus sommer net om boeke anders te lees maar of ek ‘n skrywer sal word, weet ek nie.
12 Feb
Ons woon die “Meet the Teacher” byeenkoms by die skool by. Al die ouers van ‘n bepaalde klasgroep woon ‘n praatjie by wat deur die onderwyseres aangebied word oor wat geleer word, die manier hoe die kinders goed geleer word, en waarop die klem val.
Mia se klas is ‘n kombinasieklas van Year 4 en Year 5 leerders. We Are Learing To (WALT) is een van die beginsels waarop die klas op gebou word. Hulle spelling is op Sound Alive gebasseer en die manier hoe hulle somme doen is heel interessant - hulle hop vorentoe op ‘n lyn pleks van om af te trek. Eintlik leer hulle verskillende manier om probleme op te los. Mia se onderwyseres is regtig baie gaaf en is ‘n gesoute onderwyseres. Sy het 24 kinders in die klas, waarvan 1/4 seuns is en 3/4 dogters is.
Die idee was dat ouers ‘n piekniek-aandete bring sodat daar bietjie gesosialiseer kan word. Ons eet egter vanaand pesto pasta en dit gaan nie vir ‘n piekniek ete werk nie. Mia is nie groot op Pesto nie, en vir haar is daar sushi gekoop. Terwyl ons in diewinkelsentrum is, het ons sommer die gap gevat en inkopies gaan koop by Countdown.
Ek en Jaco neem ‘n DVD uit van my all time favourite fliek, Billy and Joon, wat hy nog nie gesien het nie. Ons geniet dit sommer baie.
13 Feb
Jaco het ontbyt gemaak - hawermoutpap en sunny-side up eiers. Heel lekker.
Ons is sommer na ons plaaslike sentrum toe om boeke in te gee, en ‘n paar besigheidjiesaf te handel.
Mia is saam met Grace en Amber uitgenooi na Brenda se verjaarsdagpartytjie by Willowbank en dit was vandag. Dit klink of dit vet pret was - Mia se dis die lekkerste partytjie waar sy nog was. Ek is trots op Mia - dit klink of sy haar beste maniere daar uitgehaal het. Hulle het hoender, tjips en Coke gekry. Elke meisie het 2 tamatiesous houertjies gekry vir die
tjips. Mia het een gebruik, die een gas het 4 houertjies vol gehad. Mia het een glas Coke gehad en een van die gaste het drie glase coke gehad.
Ek en Jaco het ook die beste gemaak van die tydjie af. Ons het - baie paslik vir Valentynsdagnaweek - na Sweethearts gegaan. Vandag was ‘n perfekte Christchurch somersdag en om die tuin vol rose en die bessieplaas te geniet op so ‘n dag is onverbeterlik. Ons het lekker gesels en koffie en ‘n gemmer en pistasieneut slice gehad. Njam…..
Vir aandete maak Jaco vir ons kerriehoender en ek maak sjokolade brownies, wat ek in hartjies uitdruk vir die man wat my hart tjoklits laat klop.
14 Februarie
Die Valentynsdag is bitter-soet.
Die hartseer deel kom in dat Mia se Girls Brigade Brigade deel uitmaak van ‘n kerk (St Davids Methodist) wat gaan toemaak en sy deure sluit. Vandag is die laaste erediens wat daar gehou word en dit bring ‘n knop in die keel en ‘n traan in die oog. Laasjaar het die gemeente sy 50ste verjaarsdag gevier en nou smelt hulle saam met twee ander gemeentes. Die diens was pragtig en werklik besonders, maar dit was hartseer. Mia se brigade gaan nou by ons kerk (St Margarets Presbyterian) inskakel wat vir ons goed gaan uitwerk en beteken dat ek en sy soontoe kan loop indien nodig.
Na die diens is ons sommer met haar steeds in uniform, stad toe om die French Farmers Market by te woon. Dit is ‘n oulikerige mark maar ons verstaan nie regtig waar die naam vandaan kom nie want dit is nou nie regtig Frans nie. In elk geval, ons was darem nou daar en ek het gedroogte lourierblare daar gekry wat pragtig lyk. Ons het ook fudge daar gekoop wat onsmaaklik en gritty is. Mia se die fudge gee haar hoofpyn gegee - en sy is ‘n groot fudge liefhebber. Ek het self nog nooit vantevore slegte fudge gehad nie maar daar is altyd ‘n eerste keer.
Ons het ‘n vinnige stop by die biblioteek gemaak en Mia is baie chaffed - sy kon ‘n soort ensiklopedie kon uitneem met die Who’s Who van al Enid Blyton se karakters in al haar boeke. Mia is ‘n groot EB fan.
Iets wat ons elke jaar baie geniet is om na die Avice Hill dag te gaan. Soort van ‘n bekendstelling van baie van die craft groepe in die dorp en dan is daar ook heelwat handwerk te koop vir heel billik. Mia geniet die crafts wat sy daar kan doen (heelwat van dit gratis). Sy het ‘n kers gemaak, origami beoefen, ons is genooi na die borduurgilde,sy het pottery gedoen en wat vir haar die lekkerste was, was dat sy ‘n stukkie pottery wat klaar droog was, kon verf en dit toe deur die Raku behandeling gegaan het wat pottery soort van verbrons.
Vir my was die hoogtepunt om die Kruievereniging se stalletjie te besoek. Ek kon vir Prinses ‘n Catnip plantjie daar kry daar en ek is weg met ‘n lekkerruikdingetjie.
Jaco het dit geniet om foto’s te neem en vir Mia handjie te gee met van die crafts. Intussen het ons gesmul aan lekker eetgoed en die vermaak geniet.
By die huis gekom, het ons avokodeerpeerbroodjies gehad en later die aand weggele aan ‘n koningsete van salm op slaai en zabaglioni en vingerbeskuitjies vir nagereg.
16 Februarie
Help ek bietjie uit by Cecile se kantoor maar dit raak meer ‘n kuier as iets anders
17 Februarie
Ons vlieg in die middag na Wellington - Jaco gaan webstock bywoon. Sy werk het sy vliegkaartjie en hotelkamer betaal. Ek en Mia is saam - ons vliegkaartjie is met vliegpunte gekoop en die hotelkamer was gratis as ons saam met Jaco bly.
Ons eerste stop is Borders vir ‘n lekker koffietjie en ons verwonder ons aan ‘n hengse klomp mense in deftige klere wat op die Lambton Quay, die hoofstraat, staan. Dit blyk toe dat Buitelandse Sake se gebou ontruim is en van die mense kom hou sommer verder vergadering by die cafe waar ons is. As daar vergadering gehou moet word gaan niks ‘n speek in die wiel steek nie
Die aand het ons vir Laura en Reuben ontmoet en saam gesmul by La Bella Italia, ‘n Italiaanse restourant wat hulle ons van vertel het. Die kos is werklik puik daar. Ek het die veerligste aartappelkluitjies (gnocci) daar gehad en Mia het steak gehad.
18 Februarie
Op pad na die Te Papa, stap ons verby die waterfront waar ‘n versameling ruikers op ‘n bondel op die rand tussen die hawe en die oppervlak staan. Ons besef dat dit die plek is waar ‘n tienermeisie se liggaam twee dae vroeer uit die see gehaal is. Die tragiese gebeurlikheid het die land en ons met rede geskok.
Ek en Mia is na die Te Papa museum en sommer vroeg-vroeg die uitstalling “A Day in Pompeii” gaan kyk, wat werklik baie interessant was. Dit bly net ongelooflik dat die ou Romeinse beskawing so ver gevorderd was met selfs spoeltoilette en pypstelsels. Die uitstalling is ‘n Melbourne museum s’n wat uitgeleen word aan die Te Papa en mens ervaar die vulkaniese uitbarsting deur ‘n 3D film en heelwat ander hulpmiddels. Ek en Mia vind die mens en diermouldings baie hartseer - daar is bv ‘n hond met ‘n ketting aan wat wou wegkom, maar omdat hy vas was aan die ketting kon hy nie.
Mia geniet soos gewoonlik die museum, veral die kinderareas, erg baie.
Met die terugkeer na die hotel koop ons roomys by Kaffee Eis, kort voor hul sluit. Die berugte Wellingtonse wind het opgekom en amper ons wonderlike lekker roomys van die horinkies af gewaai. Ons loop verby die plek waar Jaco se konferensie plaasvind en verwonder ons aan die biblioteek wat vol pastelkleurige kolle geplak is.
Mia geniet die kinder tv programme wat ons nie tuis kan opvang nie maar wel op die hotel tv kan sien, en ek neem ‘n heerlike bad.
Jaco voel verkouerig en ons besluit om sommer naby die hotel ietsie te eet. Ek en Mia vat hom na Alaturka, die kebabplek waar ons die vorige keer lekker gesmul het vir billik en hy hou ook van hul kos.
19 Februarie
Ek en Mia woon ‘n (gratis) toer by deur die Parlementere geboue. Die tuin is pragtig maar toe dit bietjie te koud raak het ons in die Anglikaanse kerk oorkant die straat gaan wag. Dit lyk na ‘n groot kerk en terwyl ons daar wag, het ‘n groep skoolmeisies kom repeteer vir ‘n kooroptrede of iets soortgelyks.
Die toer was baie interessant en ons het baie interessante dinge gesien. Ons was oa in die Maori Affairs Committee Room waar select committees (gekose komitees) bymekaarkom, die biblioteek en ons was in die debating chamber waar die parlementere aksie plaasvind. Die parlement is nie op Vrydae in sitting nie omdat die MP’s in hul stemdistrikte is. Ons het egter in die middel van die vertrek gestaan, terwyl die toergids Mia aan die hand geneem het sodat Mia vir ons kon wys waar die PM se sitplek is. As mens die debatering wil sien gebeur moet mens op ‘n Dinsdag, Woensdag of Donderdag daar wees (as die Parlement sit).
Die “Mooring Stone” is in die Galleria en vir my en Mia baie interessant. Die toerleier het vir Mia gevra van watter land haar grootouers is en toe Mia se hulle woon in Suid-Afrika, het die toerleier die Suid-Afrikaanse banier - een van die 61 - uitgewys. Heel oulik metbont kleure omsoom en verkleurmannetjies wat deel uitmaak van die paneel
Met die terugkomslag wandel ons Lambton Quay af en stop ons vir koffie vir my en gemmerbier by Mia by Parsons Books and Music, ‘n wonderlike boekwinkel met oa pragtige kinderboeke.
Vanaand gaan ons by Chow eet, regtig ‘n baie oulike eetplek wat ook nie ver van die hotel is nie. Hulle beskryf hul kos as “Fresh Asian”. Poeding gaan ons sommer by Borders ‘n ietsie geniet.
Na Jaco en Mia kamer toe is, stap ek gou na New World vir verkouegoed vir Jaco. Hy voel regtig nie lekker nie
20 Februarie
Jaco het ‘n slegte verkoue en dit is ‘n bummer want hy kon nie saam met ons die mooi goed geniet op Saterdag voor ons weg is nie. Ons het ontbyt gaan eet, uitgecheck en hy het maar in die boekwinkel tyd deurgebring terwyl ek en Mia vir oulaas weer Te Papa toe waar sy oa ‘n lantern gemaak het by ‘n craftsessie.
Met ons terugkeerslag in Christchurch is dit so lekker - vriendin Cecile het vir Prinses by die cattery gaan haal en Prinses wag ons solank tuis in. Dit is sommer baie gaaf, anders moes sy nog ‘n aand daar slaap omdat ons eers in Christchurch aangekom het, ‘n uur na die cattery toegemaak het.
22 Februarie
Jaco het klomp dinge aan by die werk en alhoewel die dokter hom afgeboek het, kan hy nie siekverlof neem nie.
23 Februarie
Dinge word uitgesorteer vir more se huisinspeksie. Daar moet orde geskep word - die huis moes netjieser gemaak word, onkruid uitgetrek word - voor die agent kom kyk het hoe dinge hier lyk. Jaco het gelukkig beter gevoel en kon
stofsuig (en nog onkruid uittrek).
24 Februarie
Woensdag se huisinspeksie het goed verloop
Mia maak die beste van die somerweer deur haar plastiek-kleuterplaspoel vol water te tap, haar swemklere aan te trek, stoel nader te sleep en met haar voete in die water te sitterwyl sy boeklees. Vir effek is daar ‘n sambreel ook wat sy met tye vashou. Sy weet regtig van om haarself lekker in te rig.
25 Februarie
Die oggend gaan ek na ‘n kruievereninging-byeenkoms waar die tema van die dag komkommerkruid (borage) is. Ek geniet dit baie want ek stel al vir baie jare in kruie belang. Jaco is so dierbaar om my te vat en weer te gaan haal - dis
gelukkig redelik naby aan sy werk. Daarna het hy my by die universiteit gaan aflaai vir die skryfkursus. Jaco kry dan
gewoonlik vir Mia by die skool, dan ry hulle twee om my by die universiteit te kry. Vandag het Jaco het ‘n belangrike
vergadering gehad en kon vir my of Mia gaan haal nie. Fiona C, het vir Mia gaan haal by die skool en ek het via die Orbiter bus na Fiona gegaan om Mia te kry. Fiona het, behalwe haar eie drie laerskoolkinders, drie ander laerskoolkinders by haar huis gehad. Haar hoerskoolseun en twee van sy maats het met die bus van die skool gekom en ek dink
dis net amazing dat sy so kan kophou tussen al die kinders.
Ongelukkig het ek my sleutels tuis vergeet, en ek en Mia het maar bietjie by Fiona gekuier, van daar het ons na die supermark gestap begin shop en Jaco het ons toe by die supermark gekry. Die beste was om net ‘n af aand te he van niks regmaak vir deadlines, huisinspeksie of wat ook al nie dat ons vroeg die rekenaars afgesit het.
26 Februarie
Vanoggend was ek saam skool toe toe Jaco vir Mia gaan aflaai het - hul klas het die assembly aangebied en dit was heel oulik gewees. Mia het help ietsie aanbied oor die planete
Ons gaan eet ietsie vanaand by Wagamama en dit word ‘n heerlike aandjie uit.
27 Februarie
Die laaste naweek van die Flower Festival - kan dit nie mis nie. Dis altyd iets besonders en die jaar is nie ‘n uitsondering nie. Een van die dames by die kruievereniging het gese dat van haar vetplantjies deel uitmaak van die flower carpet.
Ons gaan kyk na die mooi uitstallings van plantstandbeelde in Victorie Square, maak ‘n draai by die katedraal en gaan in om die blommeuitstallings en die blomme-mat binne diekatedraal te bewonder. Ons gaan ook na die Jenny Gillies uitstalling kyk - sy maak blom-klere wat basies wearable art is, want die modelle stel blomme voor.
28 Februarie
Op my aandrang trek Mia haar fraaie pienk smokrokkie en die bypassende hoedjie aan kerk toe en ek wil haar sommer net opvreet. Sy het dit gelukkig as ‘n kompliment beskou toe ek vir haar se sy lyk soos Emsie, my gunstelingpop uit my kinderdae.
Phil, die “minister” by die kerk vra haar om ‘n teksversie in Afrikaans voor te lees wat sy baie gracefully gedoen het. Ons is in ‘n Kiwikerk maar ons predikant het ‘n hart vir ander kulture en vra gereeld tweetalige mense om dieselfde teksversie in hul taal voor te lees. ek is baie trots op ons meisiekind wat nie net Afrikaans praat nie maar dit ook kan lees.
‘n Nuwe jaar en ‘n nuwe dekade! ‘n Nuwe bladsy waarop mens kan skryf.
Vir die Nuwejaar doen ons nie veel nie - ons hang maar hier by die huis rond
2 Januarie
Ons het die wonderlikste weer maar dis al ‘n paar dae wat ek nie lekker voel nie en vanoggend het ek ekstra seer gehad. Met die wat dit naweek en feestyd is, kan mens nie die GP bel nie so ek het vir Jaco gevra om my by die Emergency Room van die algemene hospitaal af te laai sodat ek daar kon wag. Die plan was dat Mia en Jaco hulself moes besig hou tot ek laat weet het hulle kan my kom haal.
Die biblioteek is gesluit vandag en omdat Mia graag strand toe wil gaan stel ek voor hulle gaan hang by New Brighton strand uit tot ek hulle laat weet om my te kom haal omdat ek klaar is daar. Mia geniet die strand baie maar ongelukkig het ek hulle te vroeg laat weet om my te kom kry en op die ou einde het Jaco en Mia maar in ‘n boekwinkel in die stad rondgehang (een van die min plekke wat op die vakansiedag oop is) tot ek hulle uiteindelik gebel het om te se ek is nou regtig klaar.
Die hospitaal is baie effektief, netjies en goed ingerig. Ek het in die tyd wat ek daar was, bloedtoetse laat doen en die resultate daarvan gekry. Die dokter is baie humoristies - hy maak maar grappies met almal. Vir my se hy ek is ‘n “sensitive soul” omdat my maag sommer oral sensitief was.
Ek het antibiotika gekry en het sommer gou beter gevoel - maar terwyl ek die medikasie gebruik mag ek nie eintlik in die son kom nie omdat sonlig die pille se werking verminder. So sonbrand is uit vir my
3 Jan
Jaco en Mia weer New Brighton strand toe. Ek ry saam en omdat die biblioteek vandag oop is, gaan ek daar sit. Dis so lekker - die biblioteek kyk uit op die see en oral binne die biblioteek is daar gemakstoele vanwaar mens ‘n lieflike see-uitsig het. Ek neem ‘n paar oulike boeke uit.
4 Jan
Vandag is weer ‘n vakansiedag! Om die beste van die mooiweer te maak, is Jaco en Mia vandag weer strand toe. Grace C het hier kom oorslaap en hulle kuier baie lekker saam. Grace bring ‘n roomyshouer vol kersies van hul boom af saam - njammies…..
5 Januarie
Mia en Grace C het die grootste deel van dag in mekaar se teenwoordigheid spandeer
6 Januarie
Vandag is Jaco se laaste vakansiedag en ons was nog die hele oggend tuis. Ons was vanmiddag na ‘n pragtige plek redelik naby aan die stad - Riccarton Bush and Deans Cottage and Deans House. Daar is ‘n oorspronklike bewaarde woud en die pioniershuis dateer uit die 1840’s. Die groot huis dateer uit die middel 1850’s. Ongelukkig was hul koffieplek toe met die Kersreses, en het ons gaan koffie drink by Mona Vale, ‘n ander pragtige ou huis in ‘n lieflike tuin. Dit is ‘n mooi sonnige dag en daar was grend tannies wat ‘n partytjie gereel het en ‘n fraaie tafel - kompleet met wit tafeldoek, outydse porseleinkoppies, sjampanjeglase, ballonne wat in die boom bokant die tafel gebind is, vrolike okkasie servette, en ‘n banier wat happy wat ook al se, gedek vir hulle 15. Daarna stad toe vir ‘n vinnige windowshopping - stop en terug huis toe.
In die laatmiddag het my huisdokter se kantoor gebel om te vra dat ek volgende week ‘n draai moet kom maak - seker omdat die Emergency Room by die hospitaal as standaard almal wat soontoe gaan se huisdokters. Ek voel darem vandag heel honkey-dorey.
7 Januarie
Jaco begin vandag weer werk. Hy is egter so dierbaar om my oor middagete stad toe te vat want ek wou ‘n draai by Stella maak.
8 Januarie
My vriendin Marie daag my uit om gewig saam met haar te verloor. Ek neem die uitdaging aan.
My voorneme is om meer water drink en meer van die sogenaande vetbrandende kos te eet soos:
Groente: spersies, beet, brokkoli, kool, wortel, chilli en plantproteine soos lensies en boontjies.
Vrugte soos appels, waatlemoen, bloubessies en sitrus is ook op die voorkeurlysie.
Brood gemaak van ander produkte soos rysmeel, spelt, quinoa, millet ens is beter vir vetverbranding. Patat is ‘n goeie stysel en hawermout is baie goed.
Vette soos eier, rou neute soos okkerneute, avokadopeer, olyfolie, selfs bietije regte botter - is vetverbrandende vette en suiwel soos jogurt is baie goed.
Suiker (ook suiker wat in koring voorkom) en geprosesseerde kos is groot vyande maar ook chemikaliee wat in geprosesseerde kos voorkom soos kunsmatige versoetmiddels, fruktosestroop, hydrogenated fats, geproseseerde sojaprodukte is baie skadelik en werk teen vetverbranding
Ek is egter ‘n vreeslike soettand en weet nie regtig of ek die suiker gaan kan kan uitsny nie maar die hoop beskaam nie.
9 Januarie
Wel, vanaand eet ons ‘n vetverbrandende dis - sampioen-en-lensiebredie met aspersies. Dit was nou lekker!!!
11 Januarie
Ek en Mia ontdek tennis beskuitjies en kondensmelk in die spens en besluit dat dit ‘n lekker melktert kan word. Toe ek haar gevra of sy wil help maak, seg sy “maar hoekom sal ek nie wil help nie?” Sy is so oulike kind!
Potensieel kan ‘n melktert ‘n dieet laat faal maar gelukkig eet ek min en ons nooi sommer vir Frik en Hannie om by ons te kom saam aan die lekkerte eet. Die aand is heel gesellig en dit was nou ‘n slim manier om nie te ooreet nie.
13 Januarie
Ek was vandag by die GP en sy is regtig baie nice. Sy verduidelik van die toetse se uitslae en dat daar verskillende issues is wat fout is, en wat aangespreek moet word en dat sy nou die dinge daarom sal bestuur. Gelukkig is niks regtig vreeslik ernstig nie.
Ek vertel haar ook dat ek graag wil gewig verloor en sy dink dit is ‘n baie goeie idee is omdat een van die issues wat ek het - ‘n hiatus hernia - sal baat vind by gewigsverlies. Sy stel voor dat ek moet probeer om elke maand minstens 1 kg te verloor. Sy reken ook dat stap oefeninge met gewigte baie goed is. Ons het ‘n ABmasjien waarmee mens opsitte / sit-ups doen maar sy stel voor ek moet dit liewer nie doen nie want dit sal nie goed wees vir die hiatus hernia, wat ek het nie.
Jaco is goed met oefening - ons het mos laasmaand ‘n trampolien gekoop vir Mia / die gesin. Hy spring elke dag daarop en is nou al op 20 minute op ‘n keer. Ek weet nie of ek eers 3 minute maak nie. Dit klink egter ook nie of dit die beste oefening is vir my nie omdat ek pelviese issues het.
15 Januarie
Iemand kom ons sien vir besigheid vanaand en vir die okkasie het die huis ‘n springclean gehad. Mia se maatjie bel en vra sy moet vir ‘n uur of so oorkom en Mia se vir haar nee sy kan nie want ons kry vanaand grend gaste
Ek het Woensdag deeg aangemaak vir mosbeskuit met die idee dat ons dit saam met die boeretroos kon geniet. Maar soos my geluk nou was, was dit van Woensdag werklike koue weer en die beskuit het nie behoorlik gerys nie. Ek het maar vanmiddag die halfgerysde beskuit in die oond gesit en ons maar varsgebakte beskuit-brood gehad
16 Januarie
Vanmiddag was Mia by haar maatjie vir ‘n rukkie. Ek en Jaco het die kans benut vir ‘n koffietjie by Untouched World te gaan drink. Met die wat ek by ‘n spieel verbyloop lyk dit half vir my of ek my ma in die spieel sien - ek besef toe dis ek wat baie na my ma trek.
Ek probeer om elke week met my ma te gesels. Vandag het sy bietjie deurmekaar geklink. Ek het ‘n persentjie en ‘n drukkie saam met ‘n vriendin van my van hier gestuur en dit klink of my ma half dink ek was regtig daar gewees en dat ons so ‘n lekker get-together gehad het. Dit is hartseer maar aan die een kant goed as sy die vreugde gehad het dat haar dogter kom kuier het.
Ons het vandag omtrent ‘n winterse koue by ons - so in die middel van die somer. Ons het vanaand warm kakao voor die kaggel geahd en ek dink ek slaap vanaand op die elektriese kombers. Dis al halftwaal die aand by ons en Mia is netnou eers bed toe want dit is nog “vakansies” hier - haar vertaling van “the holidays”. Sy en die kat het op die bank gesit en ‘n ding gespeel - nou is sy en die kat darem in die bed.
Mia se skool begin eers die 1ste Feb - die skole hier het egter eers middel Desember gesluit. Sy stel in baie craft goed belang ook en wil borduur maar ek moet haar wys hoe en ek weet nie so lekker nie. So het ek in haar kerskous ‘n beginnerskruissteekborduurstelletjie gesit en nou moet ek help borduur. In elk geval een aand het ek my eie geknoei probeer regmaak en ‘n ligter skakering draad gebruik as wat ek moes en nou is die hele storie opgekonfoes. Mia seg toe vir my ek moet dalk in die toekoms eers vir haar vra of die kleur reg is voor ek dit gebruik want ek kon nie so lekker sien nie
20 Januarie
Ek en Mia was vandag stad toe en ek het so bietjie na swart skoene gekyk. Ons het lekker gegiggel oor die hoe platformskoene in ‘n winkel en by ‘n plek het sy die brand Hush Puppies gesien en gese maar ek mos al so ‘n paar skoene gekoop en dat dit so ‘n lekker boks is wat sy in iets omgetower het. Sy reken vir die boks se onthalwe moet ek dalk die Hush Puppies kry. Ek kry toe eers ‘n hartaanval toe ek sien dat die skoene $150 is maar toe bewonder ons ‘n paar skoene wat so lig soos ‘n veertjie dog stewig voel. En daar is daardie skoene $280! In elk geval, ek kyk maar nog rond maar ek weet dit help nie ek koop iets wat nie my voete gaan pas nie. Maar ek hoop vir iets billikers.
Na die ekskursie gaan ons na ons plaaslike mall, en ek loer in by ‘n Afrikaanse vriendin, Cecile wat nou ‘n nuwe besigheid daar het.
Mia is baie dierbaar en so mededeelsaam. Ek het eergister ‘n sakkie melkbottel lekkers vir haar gekoop - een van haar gunstelinge. ons het dit in ‘n potjie gesit en ek het haar die manager daarvan gemaak. Nou bring sy elke keer vir my ‘n lekkertjie as sy ‘n lekkertjie eet. al bere sy die bottel weg van my af
21 Januarie
Omdat Mia vergeet om te eet, en sy haar ontbyt soms “skip” het ek vir haar vir middagete pannekoek gebak. Sy was so bly daaroor. sy het my ‘n drukkie gegee en het vir elke pannekoek plegtig dankie gese. Na die tyd het sy selfs vir my ‘n melkbotteltjie lekkertjie gebring
22 Januarie
Grace B kom by Mia speel. Die twee speel heel lekker saam, hulle het selfs saam met Prinses ‘n bordspeletjie gespeel. Die uwe was egter nie baie gewild toe daar gesny word op rekenaar tyd nie. Nee tog, die idee is is mos dat hulle moet saamspeel om om net saam voor ‘n rekenaar te sit help nie altyd nie.
23 Januarie
Ek maak vir ons french toast vir ontbyt. Aan die begin van die vakansie het ek vir Mia gevra wat wil sy baie graag doen die vakansie, en sy het gese dat sy graag na die Antartiese Sentrum wil gaan om die pikkewyne te sien, en dat sy strand toe wil gaan.
Ek en sy was in Maart laasjaar by die Antartic Centre saam met Jaco se broer. In Mei was sy weer daar toe haar skool op ‘n opvoedkundige ekskursie soontoe gegaan het. As mens ‘n plaaslike inwoner is, is daar soms spesiale toegangsfooie - op die oomblik moet kan ‘n kind gratis ingaan vir elke grootmens wat volprys ($55) betaal en ek het vir Jaco afgevaardig om sy meisiekind te vat.
Die tweetjies het hul ekskursie baie geniet - die hoogtepunt vir hul albei was die “little blue penguins” en die swempoel waarin hulle swem. Ek dink as Mia ‘n pikkewyn as troeteldier kon kry, het sy al lankal een gehad
Na hul terugkoms is ons stad toe. Ek wil graag ‘n kwiltkursus doen. Behalwe vir die klasfooie, die toerustig en die materiaal het mens twee spesiale bykomede masjienvoetjies nodig- ‘n 1/4 duim en ‘n kwilt voetjie. Vir inspeksie het ons die masjien na die Bernina winkel geneem sodat hulle kan sien of ek het dit wat ek moet he. Ongelukkig kom ek agter dat die 2 voetjies meer as $200 gaan wees omdat ek dit nie het nie. Ek besluit om liewer eerder te kyk of ek nie ‘n naaldwerkkursus kan doen om my masjien beter te leer ken en te leer klere maak vir Mia nie - die goedjies wat ek al vir haar gemaak het, is met baie liefde gemaak maar nie met baie vaardigheid nie. Om die waarheid te se, ek is maar glad nie vaardig met die naald nie.
Na die dag se rondry gaan drink ons koffie by Coffee Culture in die stad. Nathan, een van Jaco se kollegas is ook daar met sy vrou en grootouers.
Die aand eet ons ingelegde kerrievis, salami-soetrissie-knoffelslaai (wat ons vriendin Fiona bad breath salad noem), franse brood - was heel lekker
25 Januarie
‘n Padongeluk ‘n paar jaar gelede het veroorsaak dat my suster breinskade opgedoen het, en daarom is sy onder voogdyskap met haar eie finansies. Ons ma het vanwee die Alzheimers iemand nodig om na haar geldsake om te sien en dikwels is dit makliker as ‘n familielid dit doen. Ons is net die twee kinders - ek bly landuit en my suster se man was so gaaf om aan te bied om bestuur oor my ma se geldsake oor te neem waarmee my suster dan help. Ongelukkig is dit nie altyd vir my sus maklik om te weet wat my ma nodig het nie en ek bekommer wanneer daar goed van die tehuis se kant kom wat blyk dat dinge nie altyd werk nie. Probeer ek dinge help uitsorteer, werk dit ook nie en is genoeg om haar op die oorlogspad te sit. Werklik nie aangenaam nie. Aan die ander kant besef ek net elke dag dat ek baie bevoorreg dat ek so ‘n oulike man getrou het en so dierbare meisiekind het.
26 Januarie
Mia woon ‘n kookkursus by by Jo Seagar’s in Oxford. Oxford is ‘n fraai dorpie aan die voet van die Puketeraki Range met heelwat woude in die omgewing en dit is minder as ‘n uur uit Christchurch. Die bekende NZ chef en kospersoonlikheid Jo Seagar het ‘n cafe, kombuiswinkel en kookskool daar begin.
Vir kinders in die skoolvakansie is ‘n spesiale kinder-kookkursus gereel vir vandag, waar Emily hulle help word om lekker eetgoed maak wat hulle huis toe kan bring. Goed soos vrugteslaai, hoenderbroodjies, koekies wat soos gesiggies versier is - te oulik.
Jaco het verlof gevat vir die dag om Mia soontoe te chauffeur en ek en hy geniet die dorpie en van Jo se heerlike koffie. Die koffie wat hier bedien word kom met ‘n stukkie van haar spesiale tuisgemaakte fudge - njam….
30 Januarie
Lekker warm dag en Jaco neem ons vir lemonade by Mona Vale, en groot is die verassing toe ons Linda W en haar gesin daar raakloop! Ons sit sommer by hulle en kry ‘n stukkie kuier in. Dis ‘n spesiale dag vir hulle want hulle is ‘n laaste naweek saam met Peter se ma wat hier kuier en vir die okkasie gaan hulle “punting” doen. Punting is basies wat ‘n gondola in Venisie is - ‘n bootjie waarin mens sit terwyl dit geroei word.
Vir vanaand is ons, Gus-hulle en Annamarie-hulle na Hannie en Frik genooi vir ‘n BBQ en ek het ‘n paptert gemaak waaraan ons almal gesmul het. Dit word ‘n heerlike aand. Mia vat soos gewoonlik ‘n stapel boeke saam wat haar besig hou.
31 Januarie
Vir Mia se laaste skoolvakansiedag vat Jaco haar in die namiddag see toe om sandkastele te bou. Hulle maak die beste van die heerlike somersweer.
Die lekkerste maand vir die jaar begin op ‘n minder lekker noot.
Jaco se grootbaas (ex Amerikaans) kondig af dat vandag haar laaste dag is, en dit is hartseer want sy is ‘n baie oulike vrou en ‘n puik bestuurder.
Ek raak ‘n onwillige hospitaal “reviewer” want ek was vanmiddag in die derde privaathospitaal in ons kontrei, in ‘n jaar se tyd. Niks om oor te bekommer nie - na ek die kamera gesluk het en gerus het, het ek met die teruggaanslag Jaco se arm gedraai vir ‘n koffietjie by ons gunstelingkoffieplek.
2 Desember
Mia bak kondensmelkkoekies en ek dink sy is baie talentvol. Soos ‘n regte Kiwi maak sy haar koekies groter as wat ek dit gewoonlik maak. Haar koekies lyk meer cafe style as myne In die cafe’s verkoop hulle sulke hengse groot koekies en groter koekies is meer die neiging hier. Daarteenoor is myne oor die jare se okkerneutgrootte meer soos my ma my geleer het.
3 Desember
Ons het springmat op Maandagaand deur ‘n Trade Me veiling gekoop en toe ons vanaand by die huis kom, is die bokse deur die mense wat dit afgelewer het, in die garage gesit. Kudus vir hulle diens
4 Desember
Jaco het een van sy oggend telefoniese vergaderings aan om 8 en dit word sommer van die huis af gedoen. Vir ‘n rukkie het hy hom verskoon en ons skool toe gery sodat hy weer verder sy telefnoiese konferensie sommer daar in die geparkeerde kar kon voortsit terwyl ek vir Mia by haar klas besorg.
Na skool probeer ek en Mia die springmat uitsorteer maar ons kom baie vinnig agter dit is ‘n werk vir pappas.
6 Desember
Vandag is die Tait piekniek. Ek het gisteraand laat broodjies reggekry wat vanoggend uit die oond gekom het, en die “buns” word ingepak saam met kaas, hummus, ham, avokopeer en tamatie vir ‘n piekniekete saam met gemmerbier. Ons het selfs ons gewone plekkie onder ‘n boom waar ons die slaapsak oopsprei. Dis ‘n heel lekker dag. Met die lollie-scramble kry ek sommer baie lekkers - Kersvader in sy karretjie het by ons slaapsak verby gery en klomp lekkers op ons slaapsak gegooi (terwyl ek daarop gesit het). Mia was baie beindruk met my vangs, want sy en Jaco het rond gehol in die lollie-scramble en nie naastenby so baie gekry soos ek wat op een plek stil gesit het nie. Mia doen ‘n hele paar “rides” - sy en Jaco ry op die treintjie, ry op die seekat, sy doen ‘n ponierit en kry die mooiste fotoraam en oulike lipglans as geskenk.
Na die dag se aksie was ons seker net vir ‘n uur tuis, maar was nogal onstig om te sien Prinses het nuwe krapmerke in haar gesig. Teen 4 uur is ons by die kerk om by Brendon en Anne se lisensiering as predikante, en te wees. Mia is hartseer - sy se sy is ontsteld oor Prinses en ons het nie lank na die tyd gebly nie
Met die terugkomslag kry ons ‘n verassing - Hannie was hier en het vir ons cute goedjies uit Amerika saamgebring en dit by die voordeur gelos.
8 Desember
Ek kom agter dat ek gaan uitmis op die fliek Julie & Julia want dit lyk of dit nie meer lank gaan draai nie. Daar is bv vandag net een vertoning - net na drie. Maw na skool vir Mia. Sy word maar saamgesleep om saam te kyk - dit het darem gelyk of sy soos ek, die fliek geniet het. Die vertoning maak so 5.15 klaar en toe is dit ‘n behoorlike ge”spark”. Jaco kom kry ons, en gelukkig het ek als reg gehad om vinnig hamburgers te maak. Ons was om 6.45 by die kerk waar Mia se skoolkonsert gehou is, en sy was klaar geeet, gebad en aangetrek.
Die konsert is pragtig. Die tema is “It is beginning to look a lot like Christmas” en die hele skool neem deel. Mia sing uit volle bors en entoesiasties saam en ons geniet dit sommer baie.
9 Desember
vandag word ek deur ‘n CAT scan beloer. Dit klink darem of daar nie vreeslike groot fout is nie behalwe dat die ouderdom en lekker kos besig om my in te haal. Jaco kom my in Merivale haal.
11 Desember
Yay! Die vakansie het aangebreek!!!! Mia is met mufti skool toe (gewone klere) en hulle skool kom vandag om eenuur uit. Gewoonlik is dit mos 3 uur. Ek bak stollen en dit kom vreeslik lekker uit. Vanjaar vier ek my Duitse herkoms deur Duitse kerseetgoed soos Stollen en heuningkoek met sjokolade te bak
Mia het ‘n pragtige rapport en ek en Jaco is sommer baie trots op ons meisiekind. Sy is nou 8 1/2 en haar leesvermoe is al die van ‘n kind van 13 + jaar.
12 Desember
Ons eet hawermoutpap vir ontbyt en stollen vir ontbyt poeding.
Mia gaan vir haar laaste craft klas van die jaar waar hulle kersbome maak. Jaco vat my Fendalton toe vir ‘n wonderlike hot chocolate by Xocolate en daarna neem hy my na ‘n U Fit In vir ‘n bra-konsultasie en onderkleertjie wat pragtig pas.
13 Desember
Die kerk se kersspel. Dit is baie mooi en Mia is een van 3 engeltjies. Hulle lyk almal alte fraai. Daarna eet ons almal saam en dit is heel gesellig
Laatmiddag kom Fiona C en gesin vir Mia kry om saam met hulle parkie toe gaan en Mia geniet haarself gate uit, soveel so dat sy genooi word om by Grace C oor te slaap. Ek raai hulle het laat gaan slaap want hulle is eers 9 uur weg hier van ons af.
Ek en Jaco het ‘n romantiese laataandjie met ‘n glasie wyn en met van die ongelooflike lekker kaas wat Jaco by sy vorige baas gekry het - Sage Derby.
14 Desember
Mia kuier baie lekker by Grace C en ek en Jaco gaan haal haar teen so 12 uur se kant. Mia is oortuigbaar om van haar kleinkindertyd speelgoed minder te maak. Ek moet nou net die motivering kry om van die baie goed waaraan ek net sentiment maar geen nut het nie, ook minder te maak.
Vanaand is Jaco die bouer van ‘n gemmerbroodhuis en Mia die versierder daarvan. (Ek het die versiering gemaak). Die huisie lyk alte fraai en heel oorspronklik. Mia het besluit om nie net MM’s te gebruik nie, maar ook jelliemannetjies en jelliebeertjies en nog ander lekkers. Ons het sommer klaar gebakte panele gekoop en dan is dit net ‘n kwessie van om dit aanmekaar te sit. Vet pret voorwaar en die huisie lyk baie mooi.
18 Desember
Ek probeer orde in die liaseerkabinet kry en dis nogal ‘n storie want daar het lank niks gebeur nie. Terwyl ek dit doen sit Jaco en werk en ek tjip gereeld in om hom te vra of iets moet weggegooi word of gebere moet word.
19 Desember
Ek staan vroeg op om kolwyntjies in horingtjies te bak om saam te vat en Prinses word afgelaai by die kathotel.
Ons vertrek op die middaguur na Lewis Pass. Dis so 2 1/2 - 3 ure van ons af.
By die Red Post Cafe in Culverden maak ons ‘n stop vir ‘n lekker koffietjie en ietsie om te eet. Ons sit in ‘n baie gesellige en fraai hoekie.
Ons ry deur woude en ‘n pragtige natuur en gaan check in by ‘n sjarmante motel waar ons vanaand gaan oorslaap. Dit is die norm dat mens ‘n bietjie melk in jou kamer se yskas kry by ‘n motel / hotel maar by die motel kry ons sommer ‘n hele beker plaasmelk. As mens op die kamer se stoepie staan, het mens ‘n uitsig om die koei kampie en dit lyk of die koeie nuuskierig is oor die motelgaste. Die uitsig is meer as net koeie - dit is regtig pragtig en met ‘n mooi mistige uitsig oor die woude. Daarna gaan kuier ons by Jaco se sus en gesin wat in Maruia woon vir die middag en aand. Hanlie maak heerlike kerrie en rys. Mia speel baie lekker met haar cousins en die grootmense geniet mekaar se geselskap.
Gelukkig het Fiona C ons gewaarsku om genoeg insekweerder saam te vat as beskerming teen die sandvliee.
20 Desember
Ons staan nogal vroeg op en ry terug Maruia toe vir ontbyt by Reid’s Store. Werklik ‘n heerlike ontbyt - ek en Jaco eet elkeen ‘n omelet en Mia kry ‘n bagel.
Op ons retoerbeen saal ons by Hanmer Springs af om bietjie te chill in die warm water van die spa. Die 2 ure daar was nou ‘n lekker blaaskansie!
In my gedagtes hou ek saam met my ma haar 70ste verjaarsdagparty in Suid-Afrika. Dit klink of dit ‘n baie lekker affere was.
21 Desember
Jaco is terug by die werk vir ‘n besige 2 dae.
22 Desember
Ons gaan gewoonlik die aand van die 22te - voor Jaco se verjaarsdag op die 23ste uit vir ons eie jaareindete. Ons het vanjaar gaan pizza eet by ‘n eg-Italiaanse plek wat heerlike pizzas maak en dit was uit die boeke. Ons het dit wat ons nie kon opeet nie, huis toe gebring vir die volgende dag. In SA sou ons dit doggy bags genoem het, maar hier is die term nie bekend nie
23 Desember
Is Jaco se verjaarsdag! Hy voel lekker bederf met ‘n warm wintersbaadjie wat ek vir hom onlangs op die Kathmandu uitverkoping gekry het en wat hom hopelik gaan help warm hou.
Ek het vroeg opgestaan om koek te bak met ‘n lemon curd vulsel. Ons het na ‘n stewige ontbyt koek en koffie by die huis gehad. Daarna is ons vort na Akaroa, n bekoorlike stranddorp so ‘n uur en ‘n half van hier af en ons het op pad piekniek gehou met die vorige aand se geurige, koue pizza.
Ons loop rond en gaan drink ‘n koffietjie op Bully Hayes se stoep vanwaar ons ‘n lieflike see-uitsig het. Die lekkerste hokey-pokey koekie het saam met die koffie gekom.
Met die terugkomslag in Christchurch ry ons verby Morley’s King Buffet in Hei-Hei. Die plek het ‘n heerlike buffet met ‘n groot Asiatiese verskeidenheid, die diens is baie goed en en die restourant is in ‘n outydse huis gelee. Mia het ontdooi na sy soet en suur vark gekry het.
24 Desember
‘n Pakkie van kalahari.net uit Suid-Afrika arriveer - net betyds vir Kersfees. Groot vreugde wat dit bring.
Op Oukersdag het ons probeer uit die winkels bly - wat ‘n goeie ding is want dit was geweldig besig gewees. Ons gaan kyk gewoonlik elke Kersfees na ‘n Christmas Grotto uitstalling. Loer gerus by http://www.christmasgrotto.org.nz/ . Daarna het Mia ‘n nuwe kinderboekwinkel ontdek en ons het ‘n koffietjie gaan drink. Ek het myself te pletter geval op die sypaadjie en Jaco het die wonde met mecurucram gedokter. Die aand om 5 uur was ons by ‘n kinderdiens by ons kerk en ongelukkig het my rok effe opgetrek dat my een knie gewys het en ‘n dogtertjie het dit gesien en was heel bekommerd oor die wonde en het Mia daarna uitgevra. Mecurucram word nie eintlik hier gebruik nie en ons s’n het nog van SA af gekom en sy het seker gedink ek bloei. Shame. Die been voel darem baie beter
Die aand was ons heel gesellig tuis by die huis met Kersmusiek en ‘n kaasbord voor die Kersboom. Gewoonlik eet ons vleisfondue op Oukersaand maar ons het besluit om die fondue ete te skuif vir later die week omdat ons redelik baie kaas in die yskas gehad het. Jaco het ‘n Sage Derby kaas as geskenk by ‘n baas gekry, en Mia hou nie van kaas nie maar sy geniet komynkaas en ons het hoeka op Jaco se verjaarsdag by die Barrys Bay kaasfabriek naby Akaroa komynkaas gekoop. Ons het ook die vorige dag begin eet aan Kikorangi Blue bloukaas en daar was ‘n Camembert en cheddar in die yskas. Al die kase saam met tuisgebakte soutbeskuitjies en vrugte was regtig lekker. Saam met die NZ kase was daar ‘n glasie NZ wyn.
Almal is baie in hul skik met die geskenkies. Mia het nogal heelwat boeke gekry waaroor sy baie opgewonde is.
25 Desember
Op Kersoggend was ons weer kerk toe en daarna het Jaco die ham kom voorberei. As kersgeskenk by die werk het Jaco en al die ander kollegas elkeen of ‘n ham, kalkoen of vrugtekoek van hul keuse as geskenk gekry. Jaco het die ham gekies en dit weeg meer as 5 kg. Hyy het dit alte lekker voorberei. Saam met dit was daar slaai en groente en vir poeding trifle. Baie lekker gewees. Ons drie het gesmul aan die ham en die ham wat oorgebly het is in klein ziplock sakkies gesit en sal in die vrieskassie kom soos daar spasie loskom.
26 Desember
Veels geluk met jou verjaarsdag myself!
Ek is vanoggend lekker bederf en verwen deur my twee geliefdes by die huis en hulle het vir my gesing. Na al die baie soetgoed die afgelope tyd dink ek sal ek my verjaarsdagkoek later die week / in die volgende maand bak. Een van my geskenke was ‘n Bundt pan wat lyk of dit sommer baie lekker koek gaan bak. Verder is ek heel opgewonde oor lekkerruikgoed en ‘n mooi resepteboek
Hoyts, die fliekfirma (ons plaaslike Ster Kinekor) gee gratis fliekkaartjies op kliente se verjaarsdae en ek wou my kaartjie benut het. Dit sou lekker gewees het as ons almal iets saam kon kyk maar daar was nie regtig iets wat vir almal se smaak was nie, en Jaco en Mia het my by die fliek afgelaai terwyl hulle rondgeloop het. Na die tyd het hulle het my weer by die fliek kom haal en ons het so bietjie rondgeloop.
Van die winkels is oop en bied groot Boxing Day afslagte vandag aan. Een winkel wat handwerkgoed verkoop gee op hul kliente se verjaarsdag 20 persent afslag. Verjaarsdae is groot hier soos julle sien en ek het vir Mia ‘n craft ding daar gekry wat sy baie geniet. Ek het die ondenkbare vir myself gekry - ‘n swart nommertjie (little black number) - vir my is dit ondenkbaar want al is my van Swart, dra ek nie swart nie. Die rok het heel goed gelyk so nou het ek ook ‘n swart rokkie (weliswaar tans nog sonder swart skoene wat seker veronderstel is om daarmee saam te gaan). Daarna het ons het ‘n koffietjie gaan drink by Starbucks. Dis vreeslik oulik - die groot koffies was altyd die inding maar deesdae kan mens ‘n kleiner koffietjie ook koop wat seker beter vir die figuur is omdat daar room en vetmaakgoed betrokke is. Vir aandete het Jaco heerlike gebakte hoender gemaak saam met ‘n uitpakslaai en die ete is afgeeindig met gister se trifle
28 Desember
Weer ‘n vakansiedag hier! Wat ‘n bonus! Omdat boxing day op ‘n Saterdag was, is die daaropvolgende Maandag ook ‘n vakansiedag.
29 Desember
Reuben en Laura kom vir ons kuier. Jaco “shout” (aka “stick” in SA lingo) ons 5 vir bessieroomys by ons gunsteling bessieplek. Vir vanaand kook Jaco Meksikaans: boontjie enchiladas, corn salsa, pico de gallo salsa, guacamole, Mex rice, lemoen en aarbeie met lemmetjies. Dit smaak fantasties en ons kuier baie lekker saam.
Mia word na haar aandete deur die Caughleys na die Olifantparkie vergesel waar hulle ‘n hond uit die bos speel
31 Desember
Ons word na die Caughley’s genooi vir Oujaar en neem brownies (pas uit die oond) en ‘n warm blomkoolslaai saam. Ons buurvrou het gister vir ons ‘n hengse groot blomkool uit hul tuin gebring. Te veel vir ons om te eet en Jaco toor dit in ‘n baie lekker glutenvry en suiwelvrye dis met ham op.
Ons kuier lekker maar kom huis toe voor die klok die nuwejaar inlui sodat ons die nuwejaar tuis kan inwag.